Job 40:1-24

  • Jehovah vra Job nog vrae (1-24)

    • Job erken dat hy niks meer kan sê nie (3-5)

    • “Bevraagteken jy my geregtigheid?” (8)

    • God beskryf Behemot se krag (15-24)

40  Jehovah het verder vir Job gesê:   “Moet ’n mens fout vind en stry met die Almagtige?+ Laat die een wat dink dat hy God kan teregwys, antwoord gee.”+   Job het toe vir Jehovah gesê:   “Ek is eintlik niks.+ Wat kan ek u antwoord? Ek sit my hand oor my mond.+   Ek het een keer gepraat, maar ek sal nie weer iets sê nie. Ek het ’n tweede keer gepraat, maar ek sal niks meer sê nie.”   Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+   “Maak jou asseblief gereed, soos ’n man. Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.+   Bevraagteken jy my geregtigheid? Veroordeel jy my sodat jy reg kan wees?+   Is jy so magtig soos die ware God,+of kan jou stem dreun soos syne?+ 10  Versier jou asseblief met heerlikheid en majesteit. Beklee jou met waardigheid en prag. 11  Stort jou woede uit. Kyk na almal wat hoogmoedig is en verlaag hulle. 12  Kyk na almal wat hoogmoedig is en verneder hulle,en vertrap die goddeloses daar waar hulle staan. 13  Begrawe hulle almal in die stof. Bind hulle vas in die plek van duisternis. 14  Dan sal selfs ek teenoor jou erken*dat jy jouself kan red. 15  Hier is die Behemot* wat ek gemaak het net soos ek jou gemaak het. Hy eet gras net soos ’n bul. 16  Kyk na die krag in sy heupeen na die krag in sy maagspiere! 17  Hy maak sy stert reguit soos ’n sederboom. Die senings van sy bobene is ineengevleg. 18  Sy gebeente is soos koperpype. Sy ledemate is soos stukke yster. 19  Hy is die eerste van sy soort onder* God se handewerk. Net sy Maker kan met Sy swaard tot by hom kom. 20  Hy kry sy kos in die berge, waar al die wilde diere speel. 21  Hy gaan lê onder die doringbosse. Hy skuil tussen die riete in die vlei. 22  Die doringbosse gee vir hom skaduwee,en die populiere van die vallei* is om hom. 23  As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie. Hy is vol vertroue, al stroom die Jordaanrivier+ by sy kop verby. 24  Kan iemand voor hom staan en hom vangof ’n haak* in sy neus sit?

Voetnote

Of “ek jou prys”.
Verwys moontlik na die seekoei.
Lett. “die begin van”.
Of “wadi”. Sien Woordelys.
Of “vangtou”.