Job 37:1-24

  • Natuurkragte openbaar God se grootheid (1-24)

    • God kan mense se bedrywighede tot stilstand laat kom (7)

    • ‘Dink na oor God se wonderlike werke’ (14)

    • Buite mense se bereik om God te verstaan (23)

    • Geen mens moet dink dat hy wys is nie (24)

37  “My hart gaan te kere. Dit sit in my keel.   Luister aandagtig na die gedreun van God se stem en na die donderslae wat uit sy mond kom.   Dit word oral onder die hemel gehoor. Hy stuur sy weerlig+ tot aan die eindes van die aarde.   Dan is daar ’n gebrul. Sy magtige stem dreun,+en hy hou die weerlig nie terug wanneer sy stem gehoor word nie.   God se stem dreun+ op ’n wonderlike wyse. Hy doen groot dinge wat ons nie kan verstaan nie.+   Want hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde,’+ en vir die stortreën: ‘Val hard op die grond!’+   God laat al die bedrywighede van mense tot stilstand kom,*sodat elke mens Sy werke kan ken.   Die wilde diere gaan na hulle skuilplekkeen bly in hulle lêplekke.   Die stormwind waai vanuit sy plek,+en die noordewinde bring die koue.+ 10  God se asem laat die water ys+en laat die wye waters kliphard vries.+ 11  Hy laat die wolke swaar word van vog. Hy verstrooi sy weerlig+ in die wolke. 12  Hulle maal rond waar hy hulle beveel om te gaan. Regoor die aarde voer hulle sy opdragte uit.+ 13  Hy gebruik die wolke om te straf,+ om dit te laat reënof om lojale liefde te betoon.+ 14  Luister hierna, Job. Staan stil en dink goed na oor die wonderlike werke van God.+ 15  Weet jy hoe God die wolke beheeren hoe hy weerlig vanuit sy wolk laat flits? 16  Weet jy hoe die wolke sweef?+ Dit is die wonderlike werke van die Een wat volmaakte kennis het.+ 17  Hoekom word jou klere warmwanneer die aarde stil word as gevolg van die suidewind?+ 18  Kan jy die hemel saam met hom uitsprei*+soos ’n harde metaalspieël? 19  Vertel ons wat ons vir hom moet sê. Ons kan nie antwoord nie, want ons ken nie die antwoorde nie. 20  Moet daar vir hom gesê word dat ek wil praat? Of het iemand iets gesê wat hy moet hoor?+ 21  Hulle kan nie eers die son* sien nie,hoewel dit helder in die lug skyn. Die wind moet eers die wolke wegwaai. 22  Uit die noorde kom goue prag. God se majesteit+ is ontsagwekkend. 23  Om die Almagtige te verstaan, is buite ons bereik.+ Sy mag is groot,+en hy tree altyd met geregtigheid+ en regverdigheid op.+ 24  Daarom moet mense hom vrees.+ Want mense wat dink dat hulle wys is, het nie sy goedkeuring nie.”+

Voetnote

Lett. “plaas ’n seël op die hand van elke mens”.
Of “uitslaan”.
Lett. “lig”.