Job 34:1-37
34 Eliʹhu het verder gesê:
2 “Luister na my woorde, julle wyse manne.
Hoor wat ek sê, julle wat baie kennis het.
3 Want die oor toets woorde,net soos die tong* kos proe.
4 Laat ons vasstel wat reg is.
Laat ons besluit wat goed is.
5 Want Job het gesê: ‘Ek is reg,+maar God het gekeer dat ek geregtigheid kry.+
6 Moet ek lieg en sê dat ek skuldig is?
My wond is ongeneeslik, al het ek nie gesondig nie.’+
7 Is daar nog ’n man soos Job,wat beledigings drink asof dit water is?
8 Hy sit in die geselskap van mense wat slegte dinge doen,en hy assosieer met goddelose mense.+
9 Want hy het gesê: ‘Dit baat ’n man niksas hy God probeer gelukkig maak nie.’+
10 Luister dus na my, julle wat insig* het:
Die ware God sal nooit goddeloos optree nie!+
Die Almagtige sal nooit verkeerd doen nie!+
11 Want hy sal ’n mens beloon volgens wat hy doen+en sal hom die gevolge van sy dade laat dra.
12 God tree beslis nie goddeloos op nie.+
Die Almagtige is nooit onregverdig nie.+
13 Wie het hom beheer oor die aarde gegee?
En wie het hom oor die hele wêreld aangestel?
14 As hy teen die mensdom draaien besluit om hulle gees en asem weg te neem,+
15 sal alle mense saam sterfen tot die stof terugkeer.+
16 As jy dus insig het, luister tog hierna.
Luister mooi na wat ek sê.
17 Kan iemand regeer as hy geregtigheid haat?
Of sal jy ’n magtige persoon wat regverdig is, veroordeel?
18 Sal jy vir ’n koning sê: ‘Jy is niks werd nie’?
Of sal jy vir belangrike mense sê: ‘Julle is goddeloos’?+
19 God trek leiers nie voor nieen hy gee nie die rykes meer aandag as die armes nie,+want hulle almal is die werk van sy hande.+
20 Hulle kan skielik sterf,+ in die middel van die nag.+
Hulle bewe van vrees en sterf.
Selfs die magtiges word verwyder, maar nie deur mensehande nie.+
21 Want God sien alles wat ’n mens doen,+en Hy sien elke tree wat hy gee.
22 Daar is geen duisternis of diep skaduweewaar mense wat slegte dinge doen, kan wegkruip nie.+
23 Want God stel nie vir enige mens ’n tyd vasom voor hom te verskyn om geoordeel te word nie.
24 Hy vernietig magtiges sonder dat hy ondersoek hoef in te stel,en hy stel ander in hulle plek aan.+
25 Want hy weet wat hulle doen.+
In die nag bring hy hulle tot ’n val, en hulle word vernietig.+
26 Hy slaan hulle waar almal kan sien,+want hulle is goddeloos
27 en hulle het opgehou om hom te volg.+
Hulle steur hulle glad nie aan wat hy wil hê nie.+
28 Hulle veroorsaak dat die armes hom smeek om hulle te help,en hy hoor die geroep van die hulpeloses.+
29 Wie kan God veroordeel wanneer hy stilbly?
Wie kan hom sien wanneer hy hom verberg?
Hetsy vir ’n nasie of vir ’n mens, die resultaat is dieselfde:
30 ’n Goddelose mens* mag nie regeer+of strikke stel vir die volk nie.
31 Want niemand sal tog vir God sê:
‘Ek is gestraf, hoewel ek niks verkeerds gedoen het nie.+
32 Wys my as daar iets is wat ek nie sien nie.
As ek iets verkeerds gedoen het, sal ek dit nie weer doen nie.’
33 Moet hy jou op jou voorwaardes vergoed, terwyl jy sy oordeel verwerp?
Jy moet besluit, nie ek nie.
Sê vir my wat jy weet.
34 Manne met insig* sal vir my sê,enige wyse man wat my hoor, sal sê:
35 ‘Job weet nie waarvan hy praat nie.+
Hy praat sonder insig.’
36 Laat Job* tot die uiterste getoets word,want hy antwoord soos goddelose mense sou antwoord!
37 Hy voeg opstandigheid ook nog by sy sondes.+
Hy klap sy hande
en sê baie dinge teen die ware God!”+
Voetnote
^ Lett. “verhemelte”.
^ Lett. “hart”.
^ Of “’n Afvallige”.
^ Lett. “hart”.
^ Of moontlik “My vader, laat Job”.