Job 30:1-31

  • Job beskryf hoe sy situasie verander het (1-31)

    • Gespot deur nikswerd mense (1-15)

    • Job voel dat God nie help nie (20, 21)

    • “My vel het swart geword” (30)

30  “Nou lag hulle vir my+– manne wat jonger is as ek. En ek sou hulle pa’s nie eers toegelaat hetom saam met my honde skape op te pas nie.   Van watter nut was hulle krag vir my? Hulle energie het verdwyn.   Hulle is uitgeteer van die honger. Hulle eet enigiets wat hulle in die hande kryin die droë, verlate woestyn.   Hulle pluk die blare van soutbosse,en hulle eet die wortels van besembosse.   Hulle word uit die gemeenskap uitgedryf.+ Mense skree op hulle asof hulle diewe is.   Hulle woon tussen die klowe,*in gate in die grond en in die rotse.   Hulle roep uit tussen die bosseen soek skuiling tussen die doringbosse.   Soos die seuns van verstandelose en nikswerd menseis hulle uit die land uitgedryf.   Maar nou spot hulle my selfs in hulle liedjies.+ Hulle sien neer op my.+ 10  Hulle haat my, en hulle bly ver van my af weg.+ Hulle spoeg selfs in my gesig.+ 11  God het my van my krag beroof* en my verneder,en nou maak mense met my net wat hulle wil. 12  Aan my regterkant val hulle my aan soos ’n bende,en ek het van hulle af weggevlug. Hulle sit strikke op my pad om my te vernietig. 13  Hulle breek my paaie open hulle maak my probleme nog erger.+ Daar is niemand wat hulle keer* nie. 14  Soos vyande wat deur ’n wye gat in die muur inkom,storm hulle op my af. 15  Vrees oorweldig my. My waardigheid verdwyn soos die wind. En my hoop op redding verdwyn soos ’n wolk. 16  Ek kom al hoe nader aan die dood.+ Elke dag is ’n dag van swaarkry.+ 17  In die nag dring die pyn deur tot in my gebeente.+ Die knaende pyn hou nooit op nie.+ 18  Met geweld word daar aan my kleed getrek.* Dit wurg my soos ’n kraag wat te styf sit. 19  God het my in die modder gegooi. Ek is nou maar net stof en as. 20  Ek roep tot u om hulp, maar u antwoord my nie.+ Ek kom voor u, maar u kyk my net aan. 21  U het my wreed behandel en teen my gedraai.+ U val my aan met al u krag. 22  U tel my op en laat die wind my wegwaai. Dan gooi u my rond in die storm.* 23  Ek weet u gaan my na die dood stuur,na die huis waar almal wat lewe, bymekaar sal kom. 24  Maar niemand sal ’n gebroke man* heeltemal vernietig+terwyl hy om hulp roep in sy tyd van nood nie. 25  Het ek nie gehuil toe ander deur moeilike tye gegaan het nie? Het ek nie getreur oor die armes nie?+ 26  Ek het gehoop dat goeie dinge sal kom, maar toe het slegte dinge gekom. Ek het die lig verwag, maar toe kom die donkerte. 27  Die angstigheid binne-in my het nie opgehou nie. Elke dag is ’n dag van swaarkry. 28  Ek loop hartseer rond;+ daar is geen sonlig nie. Ek staan in die gemeente op en roep om hulp. 29  Die jakkalse het my broers geword,en die volstruise my vriende.+ 30  My vel het swart geword en afgedop.+ My liggaam* brand van die hitte.* 31  My harp word net gebruik vir treurliedere,en my fluit vir liedere van trane.

Voetnote

Of “wadi’s”. Sien Woordelys.
Lett. “my boogsnaar losgemaak”.
Of moontlik “help”.
Of moontlik “My pyn is so erg dat dit my vermink”.
Of moontlik “Dan vernietig u my met ’n harde slag”.
Lett. “’n ruïne”.
Lett. “bene”.
Of moontlik “koors”.