Job 29:1-25

  • Job dink terug aan gelukkige dae (1-25)

    • Gerespekteer in stadspoort (7-10)

    • Sy regverdige dade in verlede (11-17)

    • Almal het na sy raad geluister (21-23)

29  Job het verder gesê:   “Ag, as ek maar was soos ek voorheen was,in die dae toe God my beskerm het,   toe hy sy lig oor my laat skyn het,toe hy my pad in die donkerte verlig het,+   toe ek nog jonk en sterk was,toe God ’n vriend in my tent was,+   toe die Almagtige nog met my was,toe my kinders* nog by my was,   toe ek ’n oorvloed botter gehad het,*en strome olie, asof dit uit die rotse gevloei het,+   toe ek nog na die stadspoort gegaan het+en op die openbare plein gaan sit het.+   Die jong manne het padgegee* as ek aankomen selfs die ou manne het opgestaan en bly staan.+   Die leiers het stilgebly. Hulle het hulle hand oor hulle mond gesit. 10  Die belangrike manne het opgehou praat. Nie ’n woord het uit hulle mond gekom nie.* 11  Almal wat na my geluister het, het net goeie dinge van my gesê,en almal wat my gesien het, het my geprys. 12  Want ek het die arme gered wat om hulp geroep het,+asook die weeskind* en elkeen wat nie ’n helper gehad het nie.+ 13  Dié wat naby die dood was, het goeie dinge van my gesê,+en die weduwees was bly oor wat ek vir hulle gedoen het.+ 14  Ek het altyd regverdig opgetree. Met geregtigheid het ek besluite geneem.* 15  Ek was oë vir die blindesen voete vir dié wat verlam is. 16  Ek was ’n pa vir die armes.+ Ek het gesorg dat vreemdelinge ’n regverdige verhoor kry.+ 17  Ek het die kakebene van die goddelose gebreek,+en die prooi uit sy tande weggeruk. 18  Ek het altyd gesê: ‘Ek sal in my eie huis sterf,+en my dae sal so baie wees soos die sandkorrels. 19  Ek sal soos ’n boom wees waarvan die wortels tot by die water reik, en die dou sal die hele nag lank op my takke wees. 20  Ek sal altyd ’n goeie reputasie hê,en die boog in my hand sal bly skiet.’ 21  Mense het aandagtig na my geluister. Hulle het in stilte gewag vir my raad.+ 22  Nadat ek gepraat het, het hulle niks meer gehad om te sê nie. My woorde was sag op hulle ore. 23  Hulle het vir my gewag soos mense vir die reën wag. Hulle het na my woorde uitgesien soos na die lentereën.+ 24  Toe ek vir hulle geglimlag het, kon hulle dit skaars glo. My vrolike gesig het hulle gerusgestel.* 25  Ek het vir hulle raad gegee, want ek was vir hulle ’n leier. Ek was soos ’n koning tussen sy soldate,+iemand wat die treurendes vertroos.+

Voetnote

Of “dienaars”.
Lett. “toe ek my voetstappe in botter gewas het”.
Lett. “weggekruip”.
Lett. “Hulle tong het aan hulle verhemelte vasgekleef”.
Lett. “vaderlose seun”.
Lett. “My geregtigheid was soos ’n kleed en ’n tulband”.
Of moontlik “Hulle het nie my vrolike gesig somber gemaak nie”.