Job 26:1-14

  • Job se antwoord (1-14)

    • ‘Hoe het jy die een gehelp wat nie krag het nie?’ (1-4)

    • ‘God laat aarde hang aan niks’ (7)

    • ‘Net ’n klein deeltjie van God se werke’ (14)

26  Job het toe geantwoord:   “Hoe het jy nou die een gehelp wat nie krag het nie? Hoe het jy die persoon gered wat swak is?+   Watter wonderlike raad het jy tog gegee aan iemand wat nie wysheid het nie!+ En hoe vrygewig was jy tog met jou praktiese wysheid!   Vir wie is jou woorde eintlik bedoel? En waar kom jy aan hierdie dinge?*   Dié wat magteloos is in die dood, bewe. Hulle is selfs laer as die see en alles wat daarin woon.   Die Graf* lê oop en bloot voor God,+en die plek van vernietiging* is nie bedek nie.   Hy strek die hemel* uit oor die leë ruimte*+en laat die aarde hang aan niks.   Hy vou die water in wolke toe,+sodat die wolke nie oopbars van al die water nie.   Hy maak sy troon onsigbaardeur dit met wolke te bedek.+ 10  Hy merk die horison* op die water af.+ Hy skei die lig van die duisternis. 11  Die pilare van die hemel skud. Hulle bewe weens sy teregwysing. 12  Deur sy krag maak hy die see onstuimig,+en deur middel van sy wysheid slaan hy die seemonster* stukkend.+ 13  Met die wind* maak hy die lug skoon. Hy vernietig die slang wat wegseil. 14  En dit is maar net ’n klein deeltjie van sy werke.+ Wat ons van hom gehoor het, is maar net ’n fluistering! Wie kan dan sy magtige donderslae verstaan?”+

Voetnote

Lett. “wie se asem (gees) het uit jou uitgegaan?”
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “en Abaddon”.
Lett. “noorde”.
Lett. “oor leegheid”.
Lett. “’n sirkel”.
Lett. “Rahab”.
Lett. “Met sy asem”.