Job 2:1-13

  • Satan bevraagteken weer rede waarom Job God dien (1-5)

  • Satan toegelaat om Job met siekte te tref (6-8)

  • Job se vrou sê: “Vervloek God en sterf!” (9, 10)

  • Job se drie vriende kom na hom toe (11-13)

2  Later het die dag aangebreek waarop die seuns van die ware God*+ ingekom het om hulle plek voor Jehovah in te neem,+ en Satan het ook tussen hulle ingekom om sy plek voor Jehovah in te neem.+  Toe het Jehovah vir Satan gevra: “Waar kom jy vandaan?” Satan het Jehovah geantwoord: “Ek het op die aarde rondgeswerf en dit deursoek.”+  En Jehovah het vir Satan gesê: “Het jy my kneg Job opgemerk?* Daar is niemand soos hy op die aarde nie. Hy lei ’n rein lewe en is ’n man van integriteit.*+ Hy vrees God en vermy wat sleg is. Hy hou nog steeds vas aan sy integriteit,*+ selfs al probeer jy my oorreed om hom sonder rede te vernietig.”+  Maar Satan het Jehovah geantwoord en gesê: “Vel vir vel. ’n Mens sal alles gee wat hy het in ruil vir sy lewe.*  Maar raak net vir ’n verandering aan sy liggaam, dan sal hy u beslis in u gesig vervloek.”+  Toe het Jehovah vir Satan gesê: “Goed, jy kan met hom doen wat jy wil. Jy mag hom net nie doodmaak nie!”  Toe het Satan van Jehovah af weggegaan en Job van kop tot tone met pynlike swere+ getref.  En Job het in die as gaan sit+ en hom met ’n potskerf gekrap.  Uiteindelik het sy vrou vir hom gesê: “Hou jy nog steeds vas aan jou integriteit?* Vervloek God en sterf!” 10  Maar hy het vir haar gesê: “Jy praat nou soos ’n vrou sonder verstand. Moet ons net die goeie dinge van die ware God aanvaar en nie ook die slegte dinge nie?”+ Ten spyte van alles wat met Job gebeur het, het hy nie met sy lippe gesondig nie.+ 11  Drie van Job se vriende* – Eʹlifas,+ die Temaniet, en Bildad,+ die Suhiet,+ en Sofar,+ die Naämatiet – het gehoor van al die slegte dinge wat met hom gebeur het. Toe het hulle uit hulle verskillende gebiede vertrek omdat hulle besluit het om mekaar te ontmoet en na Job toe te gaan om met hom te simpatiseer en hom te vertroos. 12  Toe hulle hom van ver af sien, het hulle hom nie herken nie. En hulle het hard begin huil en hulle klere geskeur en stof in die lug en op hulle koppe gegooi.+ 13  Hulle het sewe dae en sewe nagte by hom op die grond gesit. Hulle het nie ’n woord vir hom gesê nie, want hulle het gesien dat hy baie pyn het.+

Voetnote

’n Hebreeuse uitdrukking wat na die engele verwys.
Lett. “jou hart gerig op my kneg Job”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “siel”.
Of “onkreukbaarheid”. Sien Woordelys.
Of “kennisse”, d.w.s. nie hegte vriende nie.