Job 19:1-29

  • Job se antwoord (1-29)

    • Verwerp wat sy “vriende” sê (1-6)

    • Sê dat almal hom in die steek gelaat het (13-19)

    • “My verlosser lewe” (25)

19  Job het toe geantwoord:   “Hoe lank sal julle my siel* nog irriteer+en my met woorde seermaak?+   Julle het my al soveel keer beledig.* Julle is nie eers skaam om my so sleg te behandel nie.+   En as ek wel ’n fout gemaak het,sal ek die gevolge daarvan dra.   As julle aanhou om op my neer te sienen om te sê dat ek verdien om so verneder te word,   dan moet julle weet dat dit God is wat my onregverdig behandel het. Hy het my in sy vangnet gevang.   Ek roep heeltyd uit: ‘Dis onregverdig!’ maar ek kry geen antwoord nie.+ Ek roep heeltyd vir hulp, maar daar is geen geregtigheid nie.+   Hy het my weg versper met ’n klipmuur, en ek kan nie verbykom nie. Hy het my paaie bedek met duisternis.+   Hy het my eer van my af weggeneemen die kroon van my kop afgehaal. 10  Hy breek my aan alle kante af, totdat ek verdwyn. My hoop ruk hy uit soos ’n boom. 11  Sy woede brand teen my,en hy beskou my as sy vyand.+ 12  Sy soldate kom bymekaar en omsingel my,en hulle slaan kamp op rondom my tent. 13  Hy het my eie broers ver van my af weggedryf,en dié wat my ken, het hulle rug op my gedraai.+ 14  My goeie vriende* is weg,en dié wat ek goed geken het, het my vergeet.+ 15  Gaste in my huis+ en my slavinne beskou my as ’n vreemdeling. Ek is ’n uitlander in hulle oë. 16  Ek roep my kneg, maar hy antwoord nie. Ek smeek hom om medelye* te hê. 17  My asem het vir my vrou walglik geword,+en ek ruik sleg vir my eie broers. 18  Selfs jong kinders sien neer op my. Wanneer ek opstaan, begin hulle my spot. 19  Al my goeie vriende kan my nie verdra nie,+en dié wat ek liefgehad het, het teen my gedraai.+ 20  Ek is net vel en been,+en my lewe hang aan ’n draadjie.* 21  Betoon genade aan my, my vriende, betoon genade,want God se hand het my getref.+ 22  Hoekom hou julle aan om my te vervolg, soos God my vervolg,+en hoekom val julle my heeltyd aan?+ 23  As my woorde maar net neergeskryf was! As dit maar net in ’n boek neergeskryf kon word! 24  As dit maar net vir ewig in ’n rots uitgekap kon wees,met ’n ysterpen en lood! 25  Want ek weet goed dat my verlosser*+ lewe. Hy sal later kom en op die aarde staan.* 26  Nadat my vel weggeteer het,en terwyl ek nog lewe, sal ek God sien. 27  Ek sal hom self sien. Ek sal hom met my eie oë sien, nie met dié van iemand anders nie.+ Maar ek voel oorweldig deur my emosies!* 28  Want julle sê: ‘Hoe vervolg ons hom?’+ Julle dink dat die oorsaak van die probleem by my lê. 29  Júlle moet bang wees vir die swaard,+want die swaard bring straf vir oortredings. Julle moet weet dat daar ’n regter is.”+

Voetnote

Of “my”. Sien Woordelys.
Of “bestraf”.
Of “My familielede”.
Lett. “en ek ontkom met die vel van my tande”.
Of “terugkoper”.
Lett. “oor die stof opstaan”.
Of “Maar my niere het ingegee”.