Job 17:1-16

  • Job antwoord verder (1-16)

    • “Spotters omring my” (2)

    • ‘Hy het my ’n bespotting gemaak’ (6)

    • ‘Die Graf sal my huis word’ (13)

17  “My gees is gebreek, my dae is verby. Die begraafplaas wag op my.+   Spotters omring my,+en ek sien hulle opstandigheid.   Aanvaar asseblief wat ek as waarborg gee* en hou dit by u. Wie anders sal my hand skud en vir my borg staan?+   Want u het die harte van hierdie manne vir insig gesluit.+ Daarom verhoog u hulle nie.   Iemand bied dalk aan om met sy vriende te deel,terwyl hy nie genoeg het vir sy eie kinders nie.   God het my ’n bespotting* onder die volke gemaak.+ Daar word in my gesig gespoeg.+   My oë word dof van angs,+en ek is net vel en been.   Die opregtes staar verbaas na my. Die onskuldiges is ontsteld oor die goddeloses.*   Die regverdige bly op die regte weg,+en die een met rein hande word sterker.+ 10  Maar julle kan almal kom en weer begin stry,want ek het niemand onder julle gevind wat wys is nie.+ 11  My dae is verby.+ Van my planne, die begeertes van my hart, is daar niks oor nie.+ 12  Hulle maak asof die nag dag is,en hulle sê: ‘Die lig moet naby wees, want dit is donker.’ 13  As ek ’n bietjie langer wag, sal die Graf* my huis word.+ Ek sal my lêplek in die duisternis maak.+ 14  Ek sal vir die graf+ sê: ‘Jy is my pa!’ en vir die wurms: ‘My ma en my suster!’ 15  Waar is my hoop dan?+ Kan enigiemand hoop vir my sien? 16  My hoop sal afdaal na die geslote poorte van die Graf*wanneer ons almal saam in die stof afdaal.”+

Voetnote

Of “Aanvaar asseblief my pand”.
Lett. “’n spreekwoord”.
Of “afvalliges”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.