Job 16:1-22

  • Job se antwoord (1-22)

    • “Julle is almal hopelose vertroosters!” (2)

    • Sê dat God hom sy teiken maak (12)

16  Job het toe geantwoord:   “Sulke dinge het ek al baie gehoor. Julle is almal hopelose vertroosters!+   Sal hierdie leë woorde ooit tot ’n einde kom? Hoekom antwoord jy* my op hierdie manier?   Ek sou ook soos julle kon praat. As julle in my situasie was,*sou ek julle kon kritiseeren my kop vir julle kon skud.+   Maar ek sou julle eerder versterk het met my woorde. En ek sou julle vertroos het sodat julle verligting kon kry.+   As ek praat, verlig dit nie my pyn nie,+en as ek ophou praat, word my pyn ook nie minder nie.   Maar nou het hy my moeg gemaak.+ Hy het my hele huisgesin* verwoes.   U het my in u greep, en my toestand bewys dit. Ek is so maer dat my toestand teen my getuig.   Sy woede het my verskeur, en hy beskou my as ’n vyand.+ Hy is baie kwaad* vir my. My vyand kyk my woedend aan.+ 10  Mense het hulle monde wyd oopgemaak,+ en hulle het my gespot en geklap. In groot getalle kom hulle teen my.+ 11  God lewer my oor aan jong seuns,en hy gooi my in die hande van die goddeloses.+ 12  Ek het geen bekommernisse gehad nie, maar hy het my gebreek.+ Hy het my agter die nek gegryp en my stukkend geslaan. Toe het hy my sy teiken gemaak. 13  Sy boogskutters omring my.+ Sy pyle veroorsaak diep wonde,*+ en hy voel nie jammer vir my nie. Hy gooi my gal op die grond uit. 14  Ek is soos ’n muur waardeur hy herhaaldelik breek. Hy storm op my af soos ’n soldaat. 15  Ek het saklinne aanmekaargewerk om my te bedek.+ En ek het my waardigheid* in die stof begrawe.+ 16  My gesig is rooi gehuil,+en daar is donker kringe* onder my oë, 17  al het ek niemand seergemaak nieen al is my gebed opreg. 18  Mag die aarde nie my bloed bedek nie!+ Laat my bloed namens my uitroep! 19  Selfs nou is my getuie in die hemel. Hy wat vir my kan getuig, is in die hoogtes. 20  My vriende bespot my+terwyl ek voor God huil.*+ 21  Laat iemand ’n middelaar wees tussen my en God,soos in ’n saak tussen twee mense.+ 22  Want daar is min jare vir my oorvoordat ek weggaan en nooit weer terugkeer nie.+

Voetnote

D.w.s. Elifas.
Of “As julle siel in die plek van my siel was”.
Of “dié wat by my vergader”.
Lett. “kners op sy tande”.
Lett. “Hy deurboor my niere”.
Of “krag”. Lett. “horing”.
Of “doodskaduwee”.
Of moontlik “slapeloos na God kyk”.