Job 11:1-20

  • Sofar praat die eerste keer (1-20)

    • Beskuldig Job van leë praatjies (2, 3)

    • Sê vir Job om op te hou om slegte dinge te doen (14)

11  Sofar,+ die Naämatiet, het toe gesê:   “Dink jy dat niemand jou sal antwoord ná alles wat jy gesê het nie? Of bewys die feit dat iemand baie praat, dat hy onskuldig is?   Sal jou leë praatjies mense laat stilbly? Sal jy nie bestraf word vir jou spottende woorde nie?+   Want jy sê: ‘My beskouing is reg,+en ek is rein in God se oë.’+   Maar as God net wou praaten jou wou antwoord!+   Dan sou hy jou vertel wat die geheime van wysheid is,want praktiese wysheid het baie fasette. Dan sou jy besef dat God party van jou oortredings oorgesien het.   Kan jy die diep dinge van God ontdekof alles omtrent die Almagtige uitvind?   Dit is hoër as die hemel. Hoe kan jy dit bereik? Dit is dieper as die Graf.* Hoe kan jy dit leer ken?   Dit is groter as die aardeen breër as die see. 10  As hy verbygaan en iemand gevange neem en hom hof toe vat,wie kan hom dan keer? 11  Want hy weet wanneer mense bedrieglik is. Sal hy nie aandag skenk as hy sien dat mense slegte dinge doen nie? 12  Maar net soos ’n wildedonkie nie aan ’n mens geboorte kan gee nie,*sal ’n mens sonder verstand nie kan verstaan nie. 13  As jy maar net jou hart wou reinigen jou hande in gebed na hom toe wou uitstrek. 14  As jy slegte dinge doen, moet jy ophou daarmee. En moenie onregverdigheid in jou tente toelaat nie. 15  Want dan sal jy jou kop kan oplig sonder om skaam te voel. Jy sal sterk wees en nie vrees nie. 16  Want dan sal jy jou probleme vergeet. Dit sal vir jou wees soos waters wat verbygevloei het. 17  Jou lewe sal meer lig hê as wat daar in die middel van die dag is. Selfs die donkerte sal soos die oggendlig wees. 18  Jy sal vol vertroue wees omdat jy hoop het. Jy sal kyk of alles om jou in orde is en veilig kan slaap. 19  Jy sal gaan lê en vir niemand bang wees nie. En baie mense sal jou goedkeuring wil hê. 20  Maar die goddeloses sal geen uitweg sien nie,en hulle sal nêrens kan vlug nie. Die dood sal hulle enigste hoop wees.”+

Voetnote

Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “nie as ’n mens gebore kan word nie”.