Jeremia 24:1-10

  • Goeie vye en slegte vye (1-10)

24  Toe het Jehovah vir my twee mandjies vye gewys wat voor die tempel van Jehovah neergesit is. Hy het dit gedoen nadat koning Nebukadneʹsar* van Babilon Jegonʹja*+ die seun van Jojaʹkim,+ die koning van Juda, in ballingskap weggeneem het saam met die leiers van Juda, die ambagsmanne en die metaalwerkers.* Hy het hulle uit Jerusalem geneem en na Babilon gebring.+  In die een mandjie was daar baie goeie vye, soos vroeë vye, maar in die ander mandjie was daar baie slegte vye, so sleg dat hulle nie geëet kon word nie.  Jehovah het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Toe het ek gesê: “Vye. Die goeie vye is baie goed, maar die slegtes is baie sleg, te sleg om te eet.”+  Toe het Jehovah met my gepraat en gesê:  “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Soos hierdie goeie vye, sal ek die ballinge* van Juda, wat ek uit hierdie plek na die land van die Galdeërs weggestuur het, as goed beskou.  Ek sal my oog op hulle hou sodat dit goed sal gaan met hulle, en ek sal hulle na hierdie land laat terugkeer.+ Ek sal hulle opbou, en ek sal nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, en ek sal nie uitruk nie.+  En ek sal hulle ’n hart gee om my te ken, dat ek Jehovah is.+ Hulle sal my volk word, en ek sal hulle God word,+ want hulle sal met hulle hele hart na my toe terugkeer.+  “‘Maar dít is wat Jehovah sê van die slegte vye wat te sleg is om te eet:+ “Dit is hoe ek koning Sedekiʹa+ van Juda sal beskou, sowel as sy hoë amptenare, die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorbly en dié wat in Egipte woon.+  Ek sal hulle iets skokkends maak vir al die koninkryke van die aarde+ as gevolg van die rampspoed wat ek oor hulle sal bring. Hulle sal ’n voorwerp van beledigings, bespotting en vervloeking+ en ’n voorbeeld* word in al die plekke waarheen ek hulle sal verstrooi.+ 10  En ek sal die swaard,+ hongersnood en vreeslike siektes+ teen hulle stuur totdat hulle uitgeroei is uit die land wat ek aan hulle en aan hulle voorvaders gegee het.”’”

Voetnote

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Ook Jojagin en Gonja genoem.
Of moontlik “bouers van verskansings”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Lett. “’n spreekwoord”.