Habakuk 3:1-19

  • Profeet bid dat Jehovah sal optree (1-19)

    • God sal sy gesalfde volk red (13)

    • Vreugde in Jehovah ondanks moeilikhede (17, 18)

3  Die gebed van die profeet Haʹbakuk as treurliedere:   O Jehovah, ek het die berig oor u gehoor. Ek het ontsag, o Jehovah, vir u dade. Maak dit in ons tyd* lewend! Maak dit in ons tyd* bekend. Mag u onthou om tydens die verwarring genade te betoon.+   God het van Teman af gekom. Die Heilige het van die berg Paran af gekom.+ (Sela)* Sy majesteit het die hemel bedek,+en die aarde is met sy lof gevul.   Sy glans was soos die lig.+ Twee strale het uit sy hand geflits,waar sy krag weggesteek is.   Vreeslike siekte het voor hom uitgegaan,+en brandende koors het in sy voetstappe gevolg.   Hy het stilgestaan en die aarde geskud.+ Met een kyk het hy nasies laat spring.+ Die ewige berge is stukkend geslaan,en die eeue oue heuwels het neergebuig.+ Die paaie van lank gelede is syne.   Ek het moeilikheid in die tente van Kusan gesien. Die tentdoeke van die land Miʹdian het gebewe.+   Is dit teen die riviere, o Jehovah,is dit teen die riviere dat u woede opgevlam het? Of is u woede teen die see?+ Want u het op u perde gery.+ U strydwaens het oorwin.*+   U boog is uitgehaal en is gereed. Die stawwe* is gereed om hulle werk te doen volgens ’n eed.* (Sela) U het die aarde met riviere oopgekloof. 10  Berge het in pyn ineengekrimp toe hulle u sien.+ ’n Swaar donderstorm het deurgetrek. Die waterdiepte het gedreun met sy stem.+ Hy het sy hande hoog opgelig. 11  Son en maan het stilgestaan in hulle woning daar bo.+ U pyle het soos die lig uitgeskiet.+ U spies het geglinster soos die weerlig. 12  U het woedend deur die aarde getrek. In woede het u die nasies vertrap.* 13  U het uitgegaan om u volk, u gesalfde, te red. U het die hoof van die huis van die goddelose verpletter. Dit is van die dak* af tot op die fondament afgebreek. (Sela) 14  U het die koppe van sy vegters met hulle eie wapens* deurboortoe hulle op ons afgestorm het om ons* te verstrooi. Hulle was baie bly om iemand wat swaarkry, in die geheim te verslind. 15  U gaan deur die see met u perde,deur die onstuimige, uitgestrekte waters. 16  Ek het gehoor, en my binneste* het gebewe. My lippe het gebewe toe ek die geluid hoor. My liggaam het swak geword.*+ My bene het onder my ingegee. Maar ek wag rustig vir die dag van rampspoed,+want dit kom oor die mense wat ons aanval. 17  Al het die vyeboom nie bloeisels nieen is daar geen druiwe aan die wingerdstokke nie,al misluk die olyfoesen bring die landerye* geen kos voort nie,al verdwyn die kleinvee uit die kraalen is daar geen beeste in die kampe nie, 18  sal ek van vreugde uitroep as gevolg van wat Jehovah doen. Ek sal bly wees in die God van my redding.+ 19  Die Soewereine Heer Jehovah is my krag.+ Hy sal my voete soos dié van ’n takbok maaken my op hoë plekke laat loop.+

Voetnote

Lett. “in die middel van die jare”.
Lett. “in die middel van die jare”.
Sien Woordelys.
Of “was redding”.
Of moontlik “pyle”.
Of moontlik “Die geswore ede van die stamme is uitgespreek”.
Lett. “gedors”.
Lett. “nek”.
Lett. “sy stawwe”.
Lett. “my”.
Lett. “buik”.
Lett. “Verrotting het in my gebeente ingegaan”.
Of “terrasse”.