Deuteronomium 26:1-19

  • Offer van eerstelinge (1-11)

  • Tweede tiende (12-15)

  • Israel, Jehovah se spesiale eiendom (16-19)

26  “Wanneer julle uiteindelik in die land ingaan wat Jehovah julle God julle as ’n erfdeel gee en julle dit in besit geneem het en daarin woon,  dan moet jy ’n deel neem van die eerste opbrengs* van jou hele oes in die land wat Jehovah julle God aan julle gee. Jy moet dit in ’n mandjie sit en na die plek gaan wat Jehovah julle God vir sy naam uitkies.+  Jy moet na die priester gaan wat in daardie dae sal dien en vir hom sê: ‘Vandag verklaar ek aan Jehovah u God dat ek in die land gekom het wat Jehovah aan ons voorvaders met ’n eed belowe het om aan ons te gee.’+  “Die priester sal die mandjie dan uit jou hand neem en dit voor die altaar van Jehovah jou God neersit.  Dan moet jy voor Jehovah jou God sê: ‘My vader was ’n Arameër+ wat rondgeswerf het,* en hy het met min mense na Egipte gegaan+ en daar as ’n uitlander gewoon.+ Maar daar het hy ’n baie groot en magtige nasie geword.+  En die Egiptenare het ons sleg behandel en ons onderdruk en het ons hard laat werk as slawe.+  Daarom het ons tot Jehovah, die God van ons voorvaders, begin uitroep, en Jehovah het ons stem gehoor, en hy het gesien hoe ons ly en swaarkry en onderdruk word.+  Uiteindelik het Jehovah ons met ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm+ en met skrikwekkende dade en met tekens en wonderwerke uit Egipte uitgelei.+  Toe het hy ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.+ 10  Nou het ek die eerste opbrengs* gebring van die grond wat Jehovah aan my gegee het.’+ “Jy moet dit voor Jehovah jou God neersit en jy moet voor Jehovah jou God neerbuig. 11  Jy moet dan bly wees oor al die goeie dinge wat Jehovah jou God vir jou en jou huisgesin gegee het, jy en die Leviet en die uitlander wat onder julle woon.+ 12  “Wanneer jy in die derde jaar, die jaar van die tiendes, die hele tiende van jou opbrengs klaar ingesamel het,+ dan moet jy dit aan die Leviet, die uitlander wat onder julle woon, die weeskind* en die weduwee gee, en hulle sal dit in julle stede* eet en versadig word.+ 13  Jy moet dan voor Jehovah jou God sê: ‘Ek het die heilige deel uit my huis geneem en dit aan die Leviet, die uitlander wat onder ons woon, die weeskind en die weduwee gegee,+ net soos u my beveel het. Ek het nie u gebooie oortree nie en was nie ongehoorsaam daaraan nie. 14  Ek het nie daarvan geëet terwyl ek gerou het nie of daaraan geraak terwyl ek onrein was nie, en ek het niks daarvan vir die dooies gegee nie. Ek het die stem van Jehovah my God gehoorsaam en het alles gedoen wat u my beveel het. 15  Kyk tog af uit u heilige woonplek, die hemel, en seën u volk Israel en die land wat u aan ons gegee het,+ net soos u vir ons voorvaders gesweer het,+ die land wat oorloop van melk en heuning.’+ 16  “Vandag beveel Jehovah julle God julle om hierdie wetsvoorskrifte en regterlike bevele uit te voer. Julle moet dit met julle hele hart+ en julle hele siel* gehoorsaam en uitvoer. 17  Vandag het julle Jehovah se versekering ontvang dat hy julle God sal word as julle sy weë volg en sy wetsvoorskrifte,+ sy gebooie+ en sy regterlike bevele gehoorsaam+ en na sy stem luister. 18  En vandag het julle voor Jehovah gesê dat julle sy volk sal word, sy spesiale eiendom,*+ net soos hy julle belowe het, en julle het gesê dat julle al sy gebooie sal gehoorsaam. 19  En hy het gesê dat hy julle hoog bo al die ander nasies sal stel wat hy gemaak het+ en julle lof en roem en heerlikheid sal gee as julle ’n heilige volk vir Jehovah julle God is,+ net soos hy belowe het.”

Voetnote

Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Of moontlik “wat op die punt was om te sterf”.
Of “die eerstelinge”. Sien Woordelys.
Lett. “vaderlose seun”.
Lett. “poorte”.
Of “kosbare besitting”.