Aan die Galasiërs 2:1-21

  • Paulus vergader met apostels in Jerusalem (1-10)

  • Paulus help Petrus (Sefas) reg (11-14)

  • As regverdig beskou slegs deur geloof (15-21)

2  Toe, ná 14 jaar, het ek weer na Jerusalem gegaan. Barʹnabas+ was saam met my, en ek het ook vir Titus saamgevat.+  Ek het as gevolg van ’n openbaring daarheen gegaan, en ek het hulle vertel van die goeie nuus wat ek onder die nasies verkondig. Ek het dit gedoen tydens ’n private vergadering met die gerespekteerde broers om seker te maak dat die werk wat ek doen of gedoen het, nie verniet is nie.  En tog is nie eers Titus,+ wat by my was, gedwing om besny te word nie,+ al was hy ’n Griek.  Hierdie kwessie in verband met Titus het ontstaan as gevolg van die valse broers wat stilletjies ingeglip het+ om te spioeneer op die vryheid+ wat ons in eenheid met Christus Jesus het. Hulle wou weer slawe van ons maak.+  Ons het nie aan hulle toegegee nie,+ nee, nie vir ’n oomblik* nie, sodat julle standvastig in die waarheid van die goeie nuus kan bly.  Maar dié wat belangrik gelyk het, die gerespekteerde broers,+ het nie vir my enige nuwe raad gegee nie. Ja, wat hulle ook al voorheen was, maak by my geen verskil nie, want God kyk nie na ’n mens se uiterlike nie.  Hierdie manne het gesien dat die goeie nuus aan my toevertrou is vir dié wat nie besny is nie,+ net soos dit aan Petrus toevertrou is vir dié wat besny is.  Want God, wat Petrus die krag gegee het vir ’n apostelskap onder dié wat besny is, het my ook die krag gegee om daardie werk te doen vir dié wat uit die nasies is.+  En toe hulle besef dat onverdiende goedheid aan my gegee is,+ het Jakobus+ en Sefas* en Johannes, dié wat as pilare beskou is, my en Barʹnabas+ die regterhand gegee. Dit was ’n teken dat ons ooreengekom het dat hulle sou gaan na dié wat besny is, en ons na die nasies. 10  Al wat hulle gevra het, was dat ons aan die armes dink, en dit is wat ek ook regtig probeer doen het.+ 11  Maar toe Sefas*+ na Antioʹgië+ gekom het, het ek hom gekonfronteer, want dit was duidelik dat hy verkeerd opgetree het.* 12  Want voordat sekere manne van Jakobus+ daar aangekom het, het hy altyd saam met mense van die nasies geëet.+ Maar toe hulle daar aankom, het hy opgehou om dit te doen en hom onttrek omdat hy bang was vir dié wat besny is.+ 13  Die res van die Jode was net so skynheilig soos hy, en selfs Barʹnabas is deur hulle beïnvloed. 14  Maar toe ek sien dat hulle hulle nie volgens die waarheid van die goeie nuus gedra nie,+ het ek voor hulle almal vir Sefas* gesê: “Jy is ’n Jood, maar jy lewe soos die nasies en nie soos die Jode nie. Hoe kan jy dan mense van die nasies dwing om volgens Joodse gebruike te lewe?”+ 15  Ons is van geboorte af Jode, en nie sondaars uit die nasies nie. 16  Ons weet dat ’n mens nie deur werke van die wet regverdig verklaar word nie, maar net deur geloof+ in Jesus Christus.+ Daarom het ons ons geloof in Christus Jesus gestel, sodat ons deur geloof in Christus regverdig verklaar kan word en nie deur werke van die wet nie, want niemand* sal deur werke van die wet regverdig verklaar word nie.+ 17  Maar as ons ook as sondaars beskou word terwyl ons probeer om deur middel van Christus regverdig verklaar te word, is Christus dan ’n dienaar van sonde? Beslis nie! 18  As ek die einste dinge wat ek afgebreek het, weer opbou, toon ek dat ek ’n oortreder is. 19  Want deur die wet het ek gesterf ten opsigte van die wet,+ sodat ek ten opsigte van God lewend kon word. 20  Ek is saam met Christus aan die paal gehang.+ Dit is nie meer ek wat lewe nie,+ maar Christus wat in eenheid met my lewe. Ja, ek lewe my huidige lewe in die vlees deur geloof in die Seun van God,+ wat my liefgehad het en homself vir my oorgegee het.+ 21  Ek verwerp nie die onverdiende goedheid van God nie,+ want as regverdigheid deur die wet verkry word, het Christus in werklikheid verniet gesterf.+

Voetnote

Lett. “uur”.
D.w.s. Petrus.
Of “veroordeeld gestaan het”.
D.w.s. Petrus.
D.w.s. Petrus.
Lett. “geen vlees”.