Esegiël 5:1-17
5 “Jy, mensekind, neem vir jou ’n skerp swaard om as ’n haarkapper se skeermes te gebruik. Skeer jou kop en jou baard, en neem dan ’n weegskaal om die hare te weeg en te verdeel.
2 Jy moet ’n derde daarvan in die stad met vuur verbrand wanneer die dae van die beleëring voltooi is.+ Dan moet jy nog ’n derde neem en dit rondom die stad* met ’n swaard slaan,+ en jy moet die laaste derde in die wind strooi, en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+
3 “Jy moet ’n bietjie van die hare neem en dit in die voue* van jou kledingstuk toebind.
4 En neem nog ’n bietjie en gooi dit in die vuur en laat dit tot as verbrand. Hierdie vuur sal na die hele huis van Israel versprei.+
5 “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Dit is Jerusalem. Ek het haar in die middel van die nasies geplaas, met lande rondom haar.
6 Maar sy het in opstand gekom teen my regterlike bevele en my wetsbepalings, en sy was goddeloser as al die nasies en die lande rondom haar.+ Want hulle het my regterlike bevele verwerp, en hulle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie.’
7 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Julle was goddeloser as die nasies rondom julle en julle was nie gehoorsaam aan my wetsbepalings nie en het nie my regterlike bevele uitgevoer nie, maar julle het eerder die regterlike bevele van die nasies rondom julle uitgevoer.+
8 Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: “Kyk, ek is teen jou, o stad,+ en ek sal jou self voor die oë van die nasies oordeel en straf.+
9 En as gevolg van al jou afskuwelike gebruike sal ek in jou doen wat ek nog nooit gedoen het nie en wat ek nooit weer sal doen nie.+
10 “‘“Daarom sal pa’s hulle kinders in die stad eet,+ en kinders sal hulle pa’s eet, en ek sal die mense in die stad oordeel en straf en die res van hulle in alle rigtings* verstrooi.”’+
11 “‘Daarom, so waar as wat ek lewe,’ sê die Soewereine Heer Jehovah, ‘omdat jy my heiligdom onrein gemaak het met al jou walglike afgode en met al jou afskuwelike gebruike,+ sal ek jou verwerp,* en ek* sal nie jammer voel nie, en ek sal geen medelye* betoon nie.+
12 ’n Derde van jou sal sterf deur ’n vreeslike siekte* of deur hongersnood. Nog ’n derde sal rondom jou met die swaard doodgemaak word.+ En ek sal die laaste derde in alle rigtings* verstrooi, en ek sal ’n swaard uittrek om hulle agterna te sit.+
13 Dan sal my woede tot ’n einde kom en my woede teen hulle sal bedaar, en ek sal tevrede wees.+ Nadat my woede teen hulle bedaar het, sal hulle moet weet dat ek, Jehovah, gepraat het omdat ek aandring op uitsluitlike toegewydheid.+
14 “‘En ek sal jou ’n verwoeste plek en ’n bespotting maak onder die nasies wat rondom jou is en in die oë van almal wat verbygaan.+
15 Al die nasies sal jou bespot en op jou neersien.+ En jy sal ’n waarskuwende voorbeeld en iets skokkends vir hulle word wanneer ek my oordeel in woede uitvoer en jou in my woede straf. Ek, Jehovah, het dit gesê.
16 “‘Ek sal die dodelike pyle van die hongersnood teen hulle stuur om hulle te vernietig. Die pyle wat ek sal stuur, sal julle vernietig.+ Ek sal die hongersnood vir julle vererger deur julle voedselvoorraad te laat opraak.*+
17 Ek sal hongersnood en gevaarlike wilde diere teen julle stuur,+ en hulle sal julle van kinders beroof. Vreeslike siektes sal julle teister, en ek sal julle met die swaard laat doodmaak.+ Ek, Jehovah, het dit gesê.’”
Voetnote
^ Lett. “haar”.
^ Of “slippe”.
^ Lett. “na elke wind”.
^ Lett. “my oog”.
^ Of “verminder”.
^ Of “pessiekte”.
^ Lett. “na elke wind”.
^ Lett. “deur julle broodstokke te breek”. Moontlik stokke waaraan ringvormige brode gehang is vir bewaring.