Esegiël 41:1-26

  • Heiligdom van tempel (1-4)

  • Muur en syvertrekke (5-11)

  • Gebou aan westekant (12)

  • Geboue gemeet (13-15a)

  • Binnekant van heiligdom (15b-26)

41  Toe het hy my na die buitenste heiligdom* geneem, en hy het die sypilare gemeet. Hulle was ses el* breed aan die een kant en ses el breed aan die ander kant.  Die ingang was tien el wyd, en die symure* van die ingang was vyf el aan die een kant en vyf el aan die ander kant. Hy het die lengte gemeet, en dit was 40 el, en die breedte was 20 el.  Toe het hy ingegaan* en die sypilaar van die ingang gemeet, en dit was twee el dik, en die ingang was ses el wyd. Die symure van die ingang* was sewe el.  Daarna het hy die vertrek gemeet wat langs die buitenste heiligdom was, en dit was 20 el lank en 20 el breed.+ En hy het vir my gesê: “Dit is die Allerheiligste.”+  Daarna het hy die muur van die tempel gemeet, en dit was ses el dik. Die syvertrekke rondom die tempel was vier el breed.+  Die syvertrekke was drie verdiepings hoog, een bo-op die ander, en daar was 30 kamers op elke verdieping. Daar was stutte al om die muur van die tempel, en die syvertrekke het op die stutte gerus sonder dat die stutte in die muur ingegaan het.+  Aan albei kante van die tempel was daar ’n spiraaltrap wat al hoe breër geword het na die boonste vertrekke toe.+ Dit het van een verdieping na die volgende al hoe breër geword as ’n mens van die onderste verdieping af deur die middelste verdieping na die boonste verdieping opgegaan het.  Ek het gesien dat daar ’n verhoog reg rondom die tempel was, en die fondamente van die syvertrekke het tot by die hoek ’n volle riet van ses el gemeet.  Die buitenste muur van die syvertrekke was vyf el breed. Daar was ’n oop ruimte* langs die syvertrekke wat deel van die tempel was. 10  Tussen die tempel en die eetkamers*+ was daar ’n ruimte aan elke kant wat 20 el breed was. 11  Daar was ’n ingang tussen die syvertrekke en die oop ruimte aan die noordekant en ’n ander ingang aan die suidekant. Die oop ruimte was reg rondom vyf el breed. 12  Die gebou aan die westekant wat oor die oop ruimte uitgekyk het, was 70 el breed en 90 el lank. Die muur van die gebou was reg rondom vyf el dik. 13  Hy het die tempel gemeet, en dit was 100 el lank. Die oop ruimte, die gebou* en sy mure was ook 100 el lank. 14  Die breedte van die voorkant van die tempel, wat oos gekyk het, en die oop ruimte was 100 el. 15  Hy het die gebou gemeet wat uitgekyk het op die oop ruimte aan die agterkant, saam met die galerye aan albei kante, en dit was 100 el lank. Hy het ook die buitenste heiligdom en die binneste heiligdom+ gemeet, sowel as die portale van die voorhof, 16  die drumpels, die vensters met rame wat al hoe smaller word+ en die galerye wat in daardie drie dele was. Naby die drumpel was daar houtpanele+ van die vloer af tot by die vensters, en die vensters was bedek. 17  Afmetings is geneem bo die ingang en in die binnekant van die tempel en aan die buitekant en op die hele muur reg rondom. 18  Dit het gegraveerde gerubs+ en palmboomfigure+ gehad, en elke palmboom was tussen twee gerubs, en elke gerub het twee gesigte gehad. 19  Die gesig van ’n mens het na die palmboom aan die een kant gekyk, en die gesig van ’n leeu* het na die palmboom aan die ander kant gekyk.+ Dit was hoe hulle deur die hele tempel gegraveer is. 20  Daar was gegraveerde gerubs en palmboomfigure op die muur van die heiligdom, van die vloer af tot bo die ingang. 21  Die deurposte* van die heiligdom was vierkantig.+ Voor die heilige plek* was daar iets wat gelyk het soos 22  ’n houtaltaar+ wat drie el hoog en twee el lank was. Dit het hoekstutte gehad, en sy voetstuk* en kante was van hout gemaak. Toe het hy vir my gesê: “Dit is die tafel wat voor Jehovah is.”+ 23  Die buitenste heiligdom en die heilige plek het elkeen twee deure gehad.+ 24  Elke deur was ’n dubbeldeur wat kon oopswaai. 25  Daar was gegraveerde gerubs en palmboomfigure op die deure van die heiligdom, net soos dié wat op die mure was.+ Daar was ook ’n houtafdak aan die voorkant van die portaal aan die buitekant. 26  Daar was ook vensters met rame wat al hoe smaller word+ en palmboomfigure al langs die twee kante van die portaal en al langs die syvertrekke van die tempel en die afdakke.

Voetnote

Lett. “die tempel”. In hoofstuk 41 en 42 verwys hierdie uitdrukking na die buitenste heiligdom (die Heilige) of na die hele heiligdom (die tempel, insluitende die Heilige en die Allerheiligste).
Verwys na die lang el. Sien Aanh. B14.
Lett. “sye”.
D.w.s. in die binneste heiligdom, of Allerheiligste, in.
Lett. “Die wydte van die ingang”.
Blykbaar ’n smal loopvlak rondom die tempel.
Of “vertrekke”.
D.w.s. die gebou wes van die heiligdom.
Of “jong maanhaarleeu”.
Lett. “Die deurpos”. Verwys blykbaar na die ingang tot die Heilige.
Verwys blykbaar na die Allerheiligste.
Lett. “lengte”.