Esegiël 24:1-27
24 In die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het Jehovah weer met my gepraat en gesê:
2 “Mensekind, skryf hierdie datum* op, vandag se datum. Die koning van Babilon het sy aanval teen Jerusalem op hierdie dag begin.+
3 En vertel ’n illustrasie* oor die opstandige huis, en jy moet van hulle sê:
“‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê:
“Sit die kookpot op. Sit dit op die vuur, en gooi water daarin.+
4 Sit stukke vleis daarin,+ al die goeie stukke,die boud en die blad, en maak dit vol met die beste bene.
5 Vat die beste skaap van die kudde,+ en pak die stompe oral onder die pot.
Kook die stukke, en maak die bene daarin gaar.”’
6 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah:
‘Dit sal sleg gaan met die stad van bloedskuld,+die geroeste kookpot, die pot met roes wat nie verwyder is nie!
Maak dit stuk vir stuk leeg,+ en moenie die lot oor die stukke werp nie.
7 Want die stad se bloed is in haar.+ Sy het dit op die kaal rotse uitgegooi.
Sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.+
8 Ek wou woede laat opkom sodat wraak geneem kan word,en daarom het ek haar bloed op die blink, kaal rots uitgestortsodat dit nie bedek sou word nie.’+
9 “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah:
‘Dit sal sleg gaan met die stad van bloedskuld!+
Ek sal die hout hoog opstapel.
10 Pak die stompe opmekaar, en steek die vuur aan.
Kook die vleis goed, gooi die sous uit, en laat die bene swart gebrand word.
11 Sit die leë pot op die kole sodat dit warm kan word,sodat die koper rooiwarm kan word.
Die onreinheid daarin sal wegsmelt,+ en die roes daarin sal verdwyn.
12 Dit is frustrerend en uitputtend,want die dik laag roes wil nie afkom nie.+
Gooi dit met roes en al in die vuur!’
13 “‘Jy was onrein as gevolg van jou afstootlike gedrag.+ Ek het jou probeer reinig, maar jy wou nie van jou onreinheid gereinig word nie. Jy sal nie rein word totdat my woede teen jou bedaar nie.+
14 Ek, Jehovah, het gepraat. Dit sal gebeur. Ek sal optree sonder om terug te hou, sonder om hartseer te voel, sonder om spyt te voel.+ Hulle sal jou oordeel volgens jou optrede en jou dade,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.”
15 Jehovah het weer met my gepraat en gesê:
16 “Mensekind, met ’n enkele slag sal ek jou geliefde van jou af wegneem.+ Moenie treur* nie, en moenie huil of trane stort nie.
17 Kreun in stilte, en moenie rituele volg om vir die dooies te treur nie.+ Sit jou tulband op,+ en trek jou sandale aan.+ Moenie jou snor* bedek nie,+ en moenie die brood eet wat ander vir jou gebring het nie.”*+
18 En ek het die oggend met die volk gepraat, en my vrou het die aand gesterf. Toe het ek die oggend gedoen net soos ek beveel is.
19 Die volk het vir my gevra: “Gaan jy nie vir ons sê wat jou dade met ons te doen het nie?”
20 Ek het vir hulle gesê: “Jehovah het met my gepraat en gesê:
21 ‘Sê vir die huis van Israel: “Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: ‘Ek staan op die punt om my heiligdom te ontheilig,+ die plek waarop julle so trots is, wat vir julle so kosbaar is en waarna julle hart verlang.* Julle eie seuns en dogters wat julle agtergelaat het, sal met die swaard doodgemaak word.+
22 Dan sal julle moet doen net soos ek gedoen het. Julle sal nie julle snorre bedek nie, en julle sal nie die brood eet wat ander vir julle gebring het nie.+
23 Julle tulbande sal op julle koppe wees en julle sandale aan julle voete. Julle sal nie treur of huil nie. Julle sal eerder verrot in julle sonde,+ en julle sal na mekaar kyk en kreun.
24 Eseʹgiël het vir julle ’n teken geword.+ Julle sal doen net soos hy gedoen het. Wanneer dit gebeur, sal julle moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.’”’”
25 “En mensekind, op die dag dat ek my vesting van hulle af wegneem – die pragtige plek wat vir hulle vreugde gee, wat vir hulle so kosbaar is en waarna hulle hart verlang – saam met hulle seuns en hulle dogters,+
26 sal iemand wat ontsnap het, jou daarvan kom vertel.+
27 Op daardie dag sal jy jou mond oopmaak en praat met die een wat ontsnap het, en jy sal nie meer stom wees nie.+ Jy sal ’n teken vir hulle word, en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”
Voetnote
^ Lett. “die naam van die dag”.
^ Of “spreekwoord”.
^ Of “op jou bors slaan”.
^ Of “bo-lip”.
^ Lett. “die brood van mense eet nie”.
^ Of “julle siel se medelye”.