Esegiël 11:1-25

  • Goddelose leiers veroordeel (1-13)

    • Stad vergelyk met kookpot (3-12)

  • Belofte van herstel (14-21)

    • “Nuwe gees” gegee (19)

  • God se heerlikheid verlaat Jerusalem (22, 23)

  • Esegiël in visioen terug na Galdea (24, 25)

11  ’n Gees het my opgelig en my geneem na die oostelike poort van die huis van Jehovah, die poort wat oos kyk.+ Ek het 25 manne by die ingang van die poort gesien, en Jaäsanʹja, die seun van Assur, en Pelatʹja, die seun van Benaʹja, leiers van die volk,+ was saam met hulle.  Toe het Hy vir my gesê: “Mensekind, dit is die manne wat slegte planne beraam en slegte raad gee in* hierdie stad.  Dit is hulle wat sê: ‘Is dit nie die tyd om huise te bou nie?+ Die stad* is die kookpot,+ en ons is die vleis.’  “Profeteer dus teen hulle. Profeteer, mensekind.”+  Toe het die gees van Jehovah op my gekom,+ en hy het vir my gesê: “Sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Julle het die regte ding gesê, o huis van Israel, en ek weet wat julle dink.*  Julle het die dood van baie in hierdie stad veroorsaak, en julle het die strate met die dooies gevul.”’”+  “Daarom sê die Soewereine Heer Jehovah: ‘Die lyke wat julle in die stad gestrooi het, is die vleis, en die stad is die kookpot.+ Maar julle sal daar uitgebring word.’”  “‘Julle was bang vir die swaard,+ en ek sal die swaard teen julle bring,’ sê die Soewereine Heer Jehovah.  ‘Ek sal julle beslis daar uitbring en julle in die hand van uitlanders gee en julle oordeel en straf.+ 10  Julle sal met die swaard doodgemaak word.+ Ek sal julle by die grens van Israel oordeel,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 11  Die stad sal nie vir julle ’n kookpot wees nie, en julle sal nie die vleis daarin wees nie. Ek sal julle op die grens van Israel oordeel, 12  en julle sal moet weet dat ek Jehovah is. Julle het nie my wetsvoorskrifte gevolg of my oordele gehoorsaam nie,+ maar julle het opgetree volgens die oordele van die nasies rondom julle.’”+ 13  Onmiddellik nadat ek geprofeteer het, het Pelatʹja, die seun van Benaʹja, gesterf, en ek het met my gesig na die grond toe neergeval en met ’n harde stem uitgeroep: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Gaan u ’n einde maak aan die mense wat in Israel oorbly?”+ 14  Jehovah het weer met my gepraat en gesê: 15  “Mensekind, die inwoners van Jerusalem het vir jou broers wat die terugkoopreg het en vir die hele huis van Israel gesê: ‘Bly ver van Jehovah af weg. Die land behoort aan ons. Dit is as ’n besitting aan ons gegee.’ 16  Daarom moet jy sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Al het ek hulle ver weg onder die nasies gestuur en hulle in die lande verstrooi,+ sal ek tog ’n kort rukkie vir hulle ’n heiligdom word in die lande waarheen hulle gegaan het.”’+ 17  “Daarom moet jy sê: ‘Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah sê: “Ek sal julle ook bymekaarmaak uit die volke en julle uit die lande versamel waarheen julle verstrooi is, en ek sal die land van Israel aan julle gee.+ 18  En hulle sal daarheen teruggaan en al sy walglike dinge en al sy afskuwelike gebruike daaruit verwyder.+ 19  En ek sal hulle ’n verenigde* hart gee,+ en ek sal ’n nuwe gees in hulle sit.+ Ek sal die hart van klip uit hulle liggame verwyder+ en hulle ’n hart van vlees* gee,+ 20  sodat hulle my wetsbepalings kan volg en my oordele sal gehoorsaam. Dan sal hulle my volk wees, en ek sal hulle God wees.”’ 21  “‘“Maar ek sal dié wie se harte vasbeslote is om aan te hou met hulle walglike dinge en hulle afskuwelike gebruike, die gevolge van hulle dade laat dra,” sê die Soewereine Heer Jehovah.’” 22  Toe het die gerubs hulle vlerke opgelig, en die wiele was naby hulle,+ en die heerlikheid van die God van Israel was bo hulle.+ 23  Die heerlikheid van Jehovah+ het toe bo die stad opgegaan en bo die berg stilgestaan wat oos van die stad is.+ 24  Toe het ’n gees my opgelig – deur ’n visioen wat die gees van God my gegee het – en my uiteindelik geneem na die ballinge* in Galdeʹa. Toe het die visioen wat ek gesien het, my verlaat. 25  En ek het vir die ballinge al die dinge begin vertel wat Jehovah vir my gewys het.

Voetnote

Of “teen”.
Lett. “Sy”, die stad Jerusalem, waar die Jode gedink het hulle veilig sou wees.
Of “in julle gees opkom”.
D.w.s. ’n hart wat gevoelig is vir God se leiding.
Lett. “een”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.