Die tweede boek van Samuel 11:1-27

  • Dawid pleeg egbreuk met Batseba (1-13)

  • Dawid reël dat Uria doodgemaak word (14-25)

  • Dawid trou met Batseba (26, 27)

11  Aan die begin van die jaar,* die tyd wanneer konings uitgaan om oorlog te voer, het Dawid vir Joab en sy knegte en die hele leërmag van Israel gestuur om die Ammoniete te vernietig. Hulle het Rabba beleër,+ terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.+  Een aand* het Dawid van sy bed af opgestaan en op die dak van die koning se paleis* gaan loop. Van die dak af het hy ’n vrou gesien wat bad, en die vrou was baie mooi.  Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is, en hy het vir hom kom sê: “Dit is Batseʹba,+ die dogter van Eliʹam,+ die vrou van Uriʹa,+ die Hetiet.”+  Toe het Dawid boodskappers gestuur om haar na hom toe te bring.+ Sy het na hom toe gekom, en hy het seksuele omgang met haar gehad.+ (Dit het gebeur in die tyd van haar reiniging.)*+ Daarna het sy na haar huis teruggegaan.  Die vrou het swanger geword, en sy het vir Dawid ’n boodskap gestuur om te sê dat sy swanger is.  Toe het Dawid vir Joab ’n boodskap gestuur en gesê: “Stuur Uriʹa, die Hetiet, na my toe.” Joab het Uriʹa dus na Dawid toe gestuur.  Toe Uriʹa by hom kom, het Dawid hom gevra hoe dit met Joab gaan en hoe dit met die manne gaan en hoe dit met die oorlog gaan.  Dawid het toe vir Uriʹa gesê: “Gaan na jou huis toe en ontspan.”* Nadat Uriʹa die koning se paleis* verlaat het, is ’n geskenk van die koning* agter hom aan gestuur.  Maar Uriʹa het by die ingang van die koning se paleis* by die ander knegte van sy heer geslaap, en hy het nie na sy eie huis toe gegaan nie. 10  Daar is vir Dawid gesê: “Uriʹa het nie huis toe gegaan nie.” Dawid het toe vir Uriʹa gevra: “Het jy nie nou net van ’n reis af teruggekom nie? Hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” 11  Uriʹa het vir Dawid gesê: “Die Ark+ en Israel en Juda woon in tente, en die kamp van my heer Joab en die knegte van my heer is in die oop veld. Hoe kan ek dan huis toe gaan om te eet en te drink en by my vrou te slaap?+ So waar as wat u lewe, ek sal dit nie doen nie!” 12  Toe het Dawid vir Uriʹa gesê: “Bly vandag ook hier, en môre sal ek jou wegstuur.” Daarom het Uriʹa daardie dag en die volgende dag in Jerusalem gebly. 13  Dawid het hom toe laat roep om saam met hom te eet en te drink, en hy het hom dronk gemaak. Maar daardie aand het Uriʹa op sy bed by die knegte van sy heer gaan slaap, en hy het nie na sy huis toe gegaan nie. 14  In die oggend het Dawid ’n brief aan Joab geskryf en dit saam met Uriʹa gestuur. 15  Hy het in die brief geskryf: “Sit Uriʹa aan die voorpunt waar die geveg op sy ergste is. Dan moet julle agter hom terugtrek sodat hy doodgemaak kan word.”+ 16  Joab het die stad fyn dopgehou, en hy het Uriʹa op ’n plek gesit waar hy geweet het dat daar magtige vegters is. 17  Toe die manne van die stad uitkom om teen Joab te veg, is party van Dawid se knegte doodgemaak, en Uriʹa, die Hetiet, was onder dié wat gesterf het.+ 18  Joab het toe vir Dawid ’n boodskap gestuur met al die nuus oor die oorlog. 19  Hy het vir die boodskapper gesê: “Nadat jy vir die koning al die nuus oor die oorlog gegee het, 20  sal hy dalk kwaad word en vir jou sê: ‘Hoekom moes julle so naby die stad gaan veg? Het julle nie geweet dat hulle van die muur af sou skiet nie? 21  Wie het Abimeʹleg,+ die seun van Jerubbeʹset,+ doodgemaak? Was dit nie ’n vrou wat ’n meulsteen van die muur af op hom gegooi het en so sy dood in Tebes veroorsaak het nie? Hoekom moes julle so na aan die muur gaan?’ Dan moet jy sê: ‘U kneg Uriʹa, die Hetiet, het ook gesterf.’” 22  Toe het die boodskapper na Dawid toe gegaan en hom alles vertel wat Joab vir hom gesê het. 23  Die boodskapper het toe vir Dawid gesê: “Hulle manne het die oorhand oor ons gekry en hulle het tot in die veld teen ons uitgekom, maar ons het hulle teruggedryf tot by die ingang van die stadspoort. 24  En die boogskutters het van die muur af op u knegte geskiet, en party van die koning se knegte het gesterf. U kneg Uriʹa, die Hetiet, het ook gesterf.”+ 25  Toe het Dawid vir die boodskapper gesê: “Sê vir Joab: ‘Moenie ontsteld wees daaroor nie, want enigeen kan deur die swaard doodgemaak word. Baklei nog harder teen die stad en verower dit.’+ En moedig hom aan.” 26  Toe Uriʹa se vrou hoor dat haar man gesterf het, het sy oor haar man begin rou. 27  Onmiddellik nadat die routyd verby was, het Dawid haar laat roep en haar na sy huis toe gebring, en sy het sy vrou geword+ en aan ’n seun geboorte gegee. Maar wat Dawid gedoen het, was baie sleg in Jehovah se oë.+

Voetnote

D.w.s. in die lente.
Of “Laat een middag”.
Lett. “huis”.
Moontlik ná haar menstruele onreinheid.
Lett. “was jou voete”.
Of “die koning se porsie”, d.w.s. kos wat ’n gasheer aan ’n geëerde gas gestuur het.
Lett. “huis”.
Lett. “huis”.