AANHANGSEL
Die waarheid omtrent die Vader, die Seun en die heilige gees
MENSE wat in die Drie-eenheid glo, sê dat God uit drie persone bestaan—die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Elkeen van hierdie drie persone is glo gelyk aan die ander, almagtig en sonder ’n begin. Die Drie-eenheidsleer sê dus die Vader is God, die Seun is God en die Heilige Gees is God, en tog is daar net een God.
Baie wat in die Drie-eenheid glo, erken dat hulle hierdie lering nie kan verduidelik nie. Nogtans voel hulle dalk dat die Bybel dit leer. Dit is opmerkenswaardig dat die woord “Drie-eenheid” nêrens in die Bybel verskyn nie. Maar word die idee van ’n Drie-eenheid daarin gevind? Om hierdie vraag te beantwoord, kom ons kyk na ’n teks wat dikwels deur ondersteuners van die Drie-eenheid aangehaal word om dit te bewys.
“DIE WOORD WAS GOD”
Johannes 1:1 sê: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God” (Die Bybel, 1953). Later in dieselfde hoofstuk toon die apostel Johannes duidelik dat “die Woord” Jesus is (Johannes 1:14). Maar aangesien die Woord God genoem word, kom party tot die gevolgtrekking dat die Seun en die Vader deel van dieselfde God moet wees.
Hou in gedagte dat hierdie deel van die Bybel oorspronklik in Grieks geskryf is. Later is die Griekse teks in ander tale vertaal. ’n Aantal Bybelvertalers het egter nie die frase “die Woord was God” gebruik nie. Waarom nie? Op grond van hulle kennis van Bybelse Grieks het daardie vertalers tot die slotsom gekom dat die frase “die Woord was God” anders vertaal moet word. Hoe? Hier is ’n paar voorbeelde: “Die Logos [Woord] was goddelik” (A New Translation of the Bible). “Die Woord was ’n god” (The New Testament in an Improved Version). “Die Woord was by God en was van dieselfde aard” (The Translator’s New Testament). Volgens hierdie vertalings is die Woord nie God self nie. * Die Woord word eerder, weens sy hoë posisie onder Jehovah se skepsele, “’n god” genoem. Hier het die term “god” die betekenis van “’n magtige”.
KRY MEER FEITE
Die meeste mense ken nie Bybelse Grieks nie. Hoe kan jy dan weet wat die apostel Johannes werklik bedoel het? Dink aan hierdie voorbeeld: ’n Onderwyser verduidelik iets aan sy Johannes 1:1 wil begryp. As jy bykomende feite hieroor kry, sal dit jou help om tot die regte gevolgtrekking te kom.
leerlinge. Agterna stem die leerlinge nie saam oor hoe die verduideliking verstaan moet word nie. Hoe kan die leerlinge die saak oplos? Hulle kan die onderwyser vra om hulle nog inligting te gee. As hulle bykomende feite kry, sal dit hulle ongetwyfeld help om die onderwerp beter te verstaan. Net so kan jy in die Evangelie van Johannes soek na meer inligting oor Jesus se posisie as jy die betekenis vanKyk byvoorbeeld na wat Johannes verder in hoofstuk 1, vers 18, skryf: “Geen mens het God [die Almagtige] ooit gesien nie.” Maar mense het wel vir Jesus, die Seun, gesien, want Johannes sê: “Die Woord [Jesus] het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou” (Johannes 1:14, Die Bybel, 1953). Hoe kan die Seun dan deel van God die Almagtige wees? Johannes sê ook dat die Woord “by God” was. Maar hoe kan ’n persoon by iemand wees en terselfdertyd daardie persoon wees? Jesus tref ook ’n duidelike onderskeid tussen homself en sy hemelse Vader, soos in Johannes 17:3 opgeteken staan. Hy noem sy Vader “die enigste ware God”. En naby die einde van sy Evangelie som Johannes sake op deur te sê: “Hierdie dinge is neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God” (Johannes 20:31). Let daarop dat Jesus nie God genoem word nie, maar die Seun van God. Hierdie bykomende inligting wat in die Evangelie van Johannes voorsien word, toon hoe Johannes 1:1 verstaan moet word. Jesus, die Woord, is “’n god” in die sin dat hy ’n hoë posisie het, maar hy is nie dieselfde as God die Almagtige nie.
BEVESTIG DIE FEITE
Dink weer aan die voorbeeld van die onderwyser en die leerlinge. Sê nou party twyfel nog steeds, selfs nadat hulle na die onderwyser se verdere verduideliking geluister het. Wat kan hulle doen? Hulle kan ’n ander onderwyser vra om hulle meer inligting oor dieselfde onderwerp te gee. As die tweede onderwyser die verduideliking van die eerste een bevestig, Matteus 24:36). Hoe bevestig hierdie woorde dat Jesus nie God die Almagtige is nie?
sal die meeste leerlinge moontlik nie meer twyfel nie. Net so kan jy verdere inligting by ’n ander Bybelskrywer soek as jy nie seker is wat die Bybelskrywer Johannes werklik oor die verhouding tussen Jesus en God die Almagtige sê nie. Kyk byvoorbeeld na wat Matteus geskryf het. Hy haal Jesus se woorde aangaande die einde van hierdie stelsel van dinge aan en sê: “Van daardie dag en uur weet niemand nie, nie die engele van die hemele nie en ook nie die Seun nie, maar net die Vader” (Jesus sê dat die Vader meer weet as die Seun. Maar as Jesus ’n deel van God die Almagtige was, sou hy alles geweet het wat sy Vader weet. Die Seun en die Vader kan dus nie gelyk aan mekaar wees nie. En tog sal party sê: ‘Jesus het twee nature gehad. Hier praat hy as ’n mens.’ Maar al was dit waar, wat dan van die heilige gees? As dit ’n deel van dieselfde God is as die Vader, waarom sê Jesus dan nie dat dit weet wat die Vader weet nie?
Terwyl jy die Bybel verder bestudeer, sal jy baie ander Skrifgedeeltes leer ken wat oor hierdie onderwerp handel. Hulle bevestig die waarheid omtrent die Vader, die Seun en die heilige gees.—Psalm 90:2; Handelinge 7:55; Kolossense 1:15.
^ par. 3 Vir ’n verdere bespreking van Johannes 1:1, sien “Was die Woord “God” of “’n god”?” van Die Wagtoring van 1 November 2008, uitgegee deur Jehovah se Getuies.