HOOFSTUK VYFTIEN
Aanbidding wat God se goedkeuring wegdra
-
Dra alle godsdienste God se goedkeuring weg?
-
Hoe kan ons die ware godsdiens identifiseer?
-
Wie is vandag God se ware aanbidders op die aarde?
1. Hoe sal ons daarby baat vind as ons God op die regte manier aanbid?
JEHOVAH GOD gee baie vir ons om en wil hê dat ons by sy liefdevolle leiding moet baat vind. As ons hom op die regte manier aanbid, sal ons gelukkig wees en baie probleme in die lewe vermy. Hy sal ons ook seën en help (Jesaja 48:17). Maar daar is honderde godsdienste wat sê dat hulle die waarheid omtrent God leer. En tog verskil hulle leringe oor wie God is en wat hy van ons verwag, hemelsbreed van mekaar.
2. Hoe kan ons leer wat die regte manier is om Jehovah te aanbid, en watter illustrasie help ons om dit te verstaan?
2 Hoe kan ons weet wat die regte manier is om Jehovah te aanbid? Jy hoef nie al die leringe van al die godsdienste te bestudeer en met mekaar te vergelyk nie. Jy hoef net uit te vind wat die Bybel werklik omtrent ware aanbidding leer. Ter toeligting: In baie lande bestaan daar ’n probleem met vervalste geld. As jy die taak gekry het om sulke vervalste geld uit te ken, hoe sou jy dit doen? Deur elke soort vervalsing te probeer onthou? Nee. Dit sou beter wees as jy egte geld bestudeer. As jy eers weet hoe egte geld lyk, sal jy ’n vervalsing kan uitken. Net so kan ons, deur te leer hoe om die ware godsdiens te identifiseer, die valse godsdienste uitken.
3. Wat het Jesus gesê moet ons doen as ons God se goedkeuring wil geniet?
Matteus 7:21-23). Soos vervalste geld, het valse godsdiens geen waarde nie. Nog erger, sulke godsdiens is in werklikheid skadelik.
3 Dit is belangrik dat ons Jehovah aanbid op die manier wat sy goedkeuring wegdra. Baie mense glo dat alle godsdienste God se goedkeuring wegdra, maar dit is nie wat die Bybel leer nie. Dit is nie eers genoeg om net te sê dat jy ’n Christen is nie. Jesus het gesê: “Nie elkeen wat vir my sê: ‘Here, Here’, sal in die koninkryk van die hemele ingaan nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” Om God se goedkeuring te geniet, moet ons dus leer wat God van ons vereis en dit dan doen. Jesus het mense wat nie God se wil doen nie, “werkers van wetteloosheid” genoem (4. Wat beteken Jesus se woorde oor die twee paaie, en waarheen lei elke pad?
4 Jehovah gee almal op die aarde die geleentheid om die ewige lewe te kry. Om die ewige lewe in die Paradys te hê, moet ons God egter op die regte manier aanbid en nou lewe op ’n manier wat vir hom aanneemlik is. Ongelukkig weier baie mense om dit te doen. Daarom het Jesus gesê: “Gaan in deur die nou poort; want breed en wyd is die pad wat na die vernietiging lei, en dié wat daardeur ingaan, is baie; maar nou is die poort en smal is die pad wat na die lewe lei, en dié wat dit vind, is min” (Matteus 7:13, 14). Ware godsdiens lei tot die ewige lewe. Valse godsdiens lei tot vernietiging. Jehovah wil nie hê dat enigiemand vernietig moet word nie, en daarom gee hy alle mense die geleentheid om van hom te leer (2 Petrus 3:9). Die manier waarop ons God aanbid, beteken dan in werklikheid lewe of dood vir ons.
HOE OM DIE WARE GODSDIENS TE IDENTIFISEER
5. Hoe kan ons diegene herken wat die ware godsdiens beoefen?
5 Hoe kan jy ‘die pad na die lewe’ vind? Jesus het gesê dat dit duidelik in mense se lewe gesien sal kan word dat Matteus 7:16, 17). Met ander woorde, diegene wat die ware godsdiens beoefen, sal aan hulle oortuigings en hulle gedrag herken word. Hoewel hulle nie volmaak is nie en foute maak, probeer ware aanbidders as ’n groep God se wil doen. Kom ons kyk na ses kenmerke van dié wat die ware godsdiens beoefen.
hulle die ware godsdiens beoefen. “Aan hulle vrugte sal julle hulle herken”, het hy gesê. “Elke goeie boom [bring] goeie vrugte voort” (6, 7. Hoe beskou God se knegte die Bybel, en hoe het Jesus in hierdie opsig die voorbeeld gestel?
6 God se knegte grond hulle leringe op die Bybel. Die Bybel self sê: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om te onderrig, om tereg te wys, om dinge reg te stel, om in regverdigheid te dissiplineer, sodat die mens van God volkome bevoeg kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie werk” (2 Timoteus 3:16, 17). Aan sy mede-Christene het die apostel Paulus geskryf: “Toe julle God se woord ontvang het, wat julle by ons gehoor het, het julle dit nie as die woord van mense aangeneem nie maar, soos dit waarlik is, as die woord van God” (1 Tessalonisense 2:13). Gevolglik is die oortuigings en gebruike van die ware godsdiens nie op menslike beskouings of tradisies gegrond nie. Hulle het hulle oorsprong in God se geïnspireerde Woord, die Bybel.
7 Jesus Christus het die regte voorbeeld gestel deur sy leringe op God se Woord te grond. In gebed tot sy hemelse Vader het hy gesê: “U woord is die waarheid” (Johannes 17:17). Jesus het die Woord van God geglo, en alles wat hy geleer het, was in ooreenstemming met die Skrif. Jesus het dikwels gesê: “Daar staan geskrywe” (Matteus 4:4, 7, 10). Dan het hy ’n teks aangehaal. God se volk leer mense vandag ook nie hulle eie idees nie. Hulle glo dat die Bybel God se Woord is, en hulle grond hulle leringe stewig op wat dit sê.
8. Wat is by die aanbidding van Jehovah betrokke?
8 Diegene wat die ware godsdiens beoefen, aanbid Jehovah Matteus 4:10). Daarom aanbid God se knegte Jehovah uitsluitlik. Hierdie aanbidding sluit in dat hulle mense leer wat die naam van die ware God is en watter soort persoon hy is. Psalm 83:18 sê: “U, wie se naam Jehovah is, u alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.” Jesus het die voorbeeld gestel om ander te help om God te leer ken, soos hy in gebed gesê het: “Ek het u naam openbaar gemaak aan die mense wat u my uit die wêreld gegee het” (Johannes 17:6). Net so leer ware aanbidders mense vandag van God se naam, sy voornemens en sy eienskappe.
alleen en maak sy naam bekend. Jesus het gesê: “Jehovah jou God moet jy aanbid, en aan hom alleen moet jy heilige diens verrig” (9, 10. Op watter maniere toon ware Christene liefde vir mekaar?
9 God se volk toon opregte, onselfsugtige liefde vir mekaar. Jesus het gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:35). Die vroeë Christene het sulke liefde vir mekaar gehad. Goddelike liefde oorbrug rasse-, sosiale en nasionale grense en bind mense met ’n onbreekbare band van ware broederskap saam (Kolossense 3:14). Lede van valse godsdienste het nie so ’n liefdevolle broederskap nie. Hoe weet ons dit? Hulle maak mekaar weens nasionale of etniese verskille dood. Ware Christene neem nie die wapen op om hulle Christenbroers of enigiemand anders dood te maak nie. Die Bybel sê: “Die kinders van God en die kinders van die Duiwel word aan hierdie feit geken: elkeen wat nie regverdigheid beoefen nie, het nie sy oorsprong by God nie, ook nie hy wat sy broer nie liefhet nie. . . . Ons [moet] liefde vir mekaar . . . hê; nie soos Kain, wat sy oorsprong by die bose gehad het en sy broer doodgemaak het nie.”—1 Johannes 3:10-12; 4:20, 21.
10 Ware liefde beteken natuurlik nie net dat ons ander nie moet doodmaak nie. Ware Christene gebruik hulle tyd, energie en middele onselfsugtig om mekaar te help en aan te moedig (Hebreërs 10:24, 25). Hulle help mekaar in tye van nood, en hulle is eerlik met ander. Trouens, hulle pas die Bybelse raad in hulle lewe toe om “aan almal goed [te] doen”.—Galasiërs 6:10.
11. Waarom is dit belangrik om Jesus Christus as God se middel tot redding aan te neem?
11 Ware Christene neem Jesus Christus aan as God se middel tot redding. Die Bybel sê: “Daar [is] geen redding in enigiemand anders nie, want daar is nie ’n ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12). Soos ons in Hoofstuk 5 gesien het, het Jesus sy lewe as ’n losprys vir gehoorsame mense gegee (Matteus 20:28). Wat meer is, Jesus is God se aangestelde Koning in die hemelse Koninkryk wat oor die ganse aarde gaan regeer. En God vereis dat ons aan Jesus gehoorsaam moet wees en sy leringe moet toepas as ons die ewige lewe wil hê. Dit is waarom die Bybel sê: “Hy wat geloof in die Seun beoefen, het die ewige lewe; hy wat aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie.”—Johannes 3:36.
12. Wat behels dit om geen deel van die wêreld te wees nie?
12 Ware aanbidders is geen deel van die wêreld nie. Toe Jesus deur die Romeinse heerser Pilatus verhoor is, het hy gesê: “My koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie” (Johannes 18:36). Ongeag in watter land hulle woon, Jesus se ware volgelinge is onderdane van sy hemelse Koninkryk, en gevolglik handhaaf hulle streng neutraliteit in die politieke aangeleenthede van die wêreld. Hulle neem glad nie deel aan die wêreld se konflikte nie. Jehovah se aanbidders meng hulle egter nie in met die keuses van ander om by ’n politieke party aan te sluit, om hulle vir ’n politieke amp verkiesbaar te stel of om te stem nie. En hoewel God se ware aanbidders neutraal is wat die politiek betref, is hulle wetsgehoorsaam. Waarom? Omdat God se Woord hulle beveel om “onderdanig” te wees aan die “hoër owerhede”, oftewel die regerings (Romeine 13:1). As die dinge wat God vereis, bots met wat ’n politieke stelsel vereis, volg ware aanbidders die voorbeeld van die apostels, wat gesê het: “Ons moet eerder aan God as heerser gehoorsaam wees as aan mense.”—Handelinge 5:29; Markus 12:17.
13. Hoe beskou Jesus se ware volgelinge God se Koninkryk, en wat doen hulle dus?
13 Jesus se ware volgelinge verkondig dat God se Koninkryk die enigste hoop vir die mensdom is. Jesus het voorspel: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde Matteus 24:14). Ware volgelinge van Jesus Christus moedig mense nie aan om op menseheersers te vertrou om hulle probleme op te los nie, maar verkondig eerder dat God se hemelse Koninkryk die enigste hoop vir die mensdom is (Psalm 146:3). Jesus het ons geleer om vir daardie volmaakte regering te bid toe hy gesê het: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:10). God se Woord het aangaande hierdie hemelse Koninkryk voorspel: “Dit sal al hierdie koninkryke [wat nou bestaan,] verbrysel en daar ’n einde aan maak, en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan.”—Daniël 2:44.
aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (14. Watter godsdiensgroep dink jy voldoen aan die vereistes van ware aanbidding?
14 In die lig van wat ons nou net bespreek het, kan jy jou afvra: ‘Watter godsdiensgroep grond al sy leringe op die Bybel en maak Jehovah se naam bekend? Watter groep lê goddelike liefde aan die dag en beoefen geloof in Jesus, is geen deel van die wêreld nie en verkondig dat God se Koninkryk die enigste ware hoop vir die mensdom is? Watter een van al die godsdiensgroepe op die aarde voldoen aan al hierdie vereistes?’ Die feite toon duidelik dat dit Jehovah se Getuies is.—Jesaja 43:10-12.
WAT GAAN JY DOEN?
15. Wat vereis God van ons behalwe dat ons moet glo dat hy bestaan?
15 Om net te glo dat God bestaan, is nie genoeg om sy goedkeuring weg te dra nie. Die Bybel sê immers dat selfs die demone glo dat God bestaan (Jakobus 2:19). Maar hulle doen natuurlik nie God se wil nie en geniet nie sy goedkeuring nie. Om God se goedkeuring weg te dra, moet ons nie net glo dat hy bestaan nie, maar ons moet ook sy wil doen. Wat meer is, ons moet valse godsdiens verwerp en ware aanbidding aanneem.
16. Wat moet ons doen wanneer dit kom by deelname aan valse godsdiens?
2 Korintiërs 6:17; Jesaja 52:11). Ware Christene vermy dus alles wat met valse aanbidding verband hou.
16 Die apostel Paulus het getoon dat ons nie aan valse aanbidding moet deelneem nie. Hy het geskryf: “‘Gaan . . . onder hulle uit en sonder julle af’, sê Jehovah, ‘en hou op om wat onrein is, aan te raak’; ‘en ek sal julle inneem’” (17, 18. Wat is “Babilon die Grote”, en waarom is dit dringend om ‘uit haar uit te gaan’?
17 Die Bybel toon dat al die verskillende vorme van valse godsdiens deel is van “Babilon die Grote” (Openbaring 17:5). * Daardie naam herinner ons aan die antieke stad Babilon, waar valse godsdiens ná die Vloed van Noag se dag begin het. Baie leringe en gebruike wat nou algemeen is in valse godsdiens, het lank gelede in Babilon ontstaan. Byvoorbeeld, die Babiloniërs het drie-eenhede, of triades, van gode aanbid. Vandag is die Drie-eenheid die sentrale leerstelling van baie godsdienste. Maar die Bybel leer duidelik dat daar net een ware God, Jehovah, is en dat Jesus Christus sy Seun is (Johannes 17:3). Die Babiloniërs het ook geglo dat mense ’n onsterflike siel het wat ná die dood van die liggaam voortleef en in ’n plek van foltering kan ly. Vandag leer die meeste godsdienste dat mense ’n onsterflike siel of gees het wat in die helse vuur kan ly.
18 Aangesien eertydse Babiloniese aanbidding deur die hele wêreld versprei het, kan die hedendaagse Babilon die Grote tereg as die wêreldryk van valse godsdiens geïdentifiseer word. En God het voorspel dat hierdie ryk van valse godsdiens skielik tot ’n einde sal kom (Openbaring 18:8). Sien jy waarom dit noodsaaklik is dat jy jou van elke deel van Babilon die Grote moet afskei? Jehovah God wil hê dat jy sonder versuim ‘uit haar uit moet gaan’ terwyl daar nog tyd is.—Openbaring 18:4.
19. Wat sal jy kry as jy Jehovah dien?
Markus 10:28-30). Miskien sal dié wat jou as gevolg van jou oortuigings die rug toegekeer het, later ondersoek wat die Bybel leer en aanbidders van Jehovah word.
19 As gevolg van jou besluit om op te hou om valse godsdiens te beoefen, sal party mense dalk ophou om met jou te assosieer. Maar as jy Jehovah saam met sy volk dien, sal jy baie meer kry as wat jy ooit kan verloor. Soos Jesus se vroeë dissipels wat ander dinge verlaat het om hom te volg, sal jy ook baie geestelike broers en susters kry. Jy sal ’n deel word van ’n groot wêreldwye familie van miljoene ware Christene, wat ware liefde aan jou sal betoon. En jy sal die wonderlike hoop op die ewige lewe “in die komende stelsel van dinge” hê (20. Wat hou die toekoms in vir diegene wat die ware godsdiens beoefen?
20 Die Bybel leer dat God binnekort ’n einde aan hierdie goddelose stelsel van dinge gaan maak en dit met ’n regverdige nuwe wêreld onder die heerskappy van sy Koninkryk gaan vervang (2 Petrus 3:9, 13). Wat ’n wonderlike wêreld sal dit tog wees! En in daardie regverdige nuwe stelsel sal daar net een godsdiens wees, een ware vorm van aanbidding. Sal dit nie verstandig van jou wees om die nodige stappe te doen om sonder versuim met ware aanbidders te begin assosieer nie?
^ par. 17 Vir meer inligting oor waarom Babilon die Grote die wêreldryk van valse godsdiens voorstel, sien die Aanhangsel, bladsye 219-20.