Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LES 15

Hoekom moet jy aanhou?

Hoekom moet jy aanhou?

1. Hoe sal dit jou help as jy aanhou om die Bybel te studeer?

Hierdie studie van basiese Bybelleringe het sekerlik jou liefde vir Jehovah versterk. Ons moet aanhou om aan hierdie liefde te werk as ons dit sterker wil maak (1 Petrus 2:2). Jou hoop op die ewige lewe hang daarvan af dat jy nog steeds nader aan God kom deur sy Woord te studeer. – Lees Johannes 17:3; Judas 21.

Hoe meer jy oor God leer, hoe sterker sal jou geloof word. Geloof sal jou help om God gelukkig te maak (Hebreërs 11:1, 6). Dit sal jou aanmoedig om te wys dat jy berou het en om goeie veranderinge in jou lewe te maak. – Lees Handelinge 3:19.

2. Hoe kan jou kennis van God ander help?

Jy kan ’n spesiale verhouding met Jehovah hê

Jy sal ander natuurlik wil vertel van wat jy geleer het – ons almal geniet dit om goeie nuus oor te vertel. As jy aanhou om die Bybel te studeer, sal jy leer hoe om die Bybel te gebruik sodat jy jou geloof in Jehovah en die goeie nuus aan ander kan verduidelik. – Lees Romeine 10:13-15.

Die meeste mense begin deur hulle vriende of familielede van die goeie nuus te vertel. Wees taktvol. Moenie vir hulle sê dat hulle godsdiens verkeerd is nie. Vertel hulle eerder van God se beloftes. En onthou dat mense gewoonlik meer beïndruk is met jou liefdevolle gedrag as deur wat jy sê. – Lees 2 Timoteus 2:24, 25.

3. Watter verhouding kan jy met God geniet?

’n Studie van God se Woord sal jou help om geestelik te groei. Uiteindelik sal jy ’n baie spesiale verhouding met  Jehovah kan hê. Jy kan regtig deel word van sy gesin. – Lees 2 Korintiërs 6:18.

4. Hoe kan jy aanhou om geestelik te groei?

Jy kan geestelik groei deur aan te hou om God se Woord te studeer (Hebreërs 5:13, 14). Vra een van Jehovah se Getuies om die Bybel met jou te studeer met behulp van die boek Wat kan die Bybel ons leer? Hoe meer jy uit God se Woord leer, hoe suksesvoller sal jou lewe wees. – Lees Psalm 1:1-3; 73:27, 28.

Die goeie nuus kom van Jehovah, die gelukkige God. Jy kan nader aan hom kom deur nader aan sy aanbidders te kom (Hebreërs 10:24, 25). As jy aanhou probeer om te lewe soos Jehovah wil hê, kan jy uitsien na die werklike lewe – die ewige lewe. Om nader aan God te kom, is regtig die beste ding wat jy kan doen. – Lees 1 Timoteus 1:11; 6:19.