Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LES 3

Kom die goeie nuus regtig van God?

Kom die goeie nuus regtig van God?

1. Wie is die Skrywer van die Bybel?

Die goeie nuus dat mense vir ewig op die aarde sal lewe, staan in die Bybel (Psalm 37:29). Die Bybel het 66 kleiner boeke. God het omtrent 40 getroue manne gebruik om dit te skryf. Die eerste vyf boeke is omtrent 3 500 jaar gelede deur Moses geskryf. Die laaste boek is meer as 1 900 jaar gelede deur die apostel Johannes geskryf. Wie se gedagtes het die Bybelskrywers neergeskryf? Hulle het God se gedagtes neergeskryf, nie hulle eie nie. God het sy gedagtes aan die Bybelskrywers deur middel van sy heilige gees gegee (2 Samuel 23:2). Daarom is Jehovah die Skrywer van die Bybel. – Lees 2 Timoteus 3:16; 2 Petrus 1:20, 21.

Kyk na die video Wie is die Outeur van die Bybel?

2. Hoe kan ons seker wees dat die Bybel waar is?

Ons weet dat die Bybel van God kom omdat dit presies sê wat in die toekoms gaan gebeur. Geen mens kan dit doen nie (Josua 23:14). Net God die Almagtige kan presies sien wat in die mens se toekoms gaan gebeur. – Lees Jesaja 42:9; 46:10.

Ons sou verwag dat ’n boek wat van God kom, spesiaal sou wees, en dit is. Daar is al miljarde kopieë van die Bybel in honderde tale versprei. Al is die Bybel baie oud, stem dit saam met die wetenskap. En wat die 40 skrywers in die Bybel geskryf het, stem ooreen met mekaar. * Wat die Bybel oor liefde sê, kan net van die ware God kom – die God van liefde. Dit het nog steeds die krag om mense se lewens beter te maak. Hierdie feite oortuig miljoene mense dat die Bybel God se Woord is. – Lees 1 Tessalonisense 2:13.

Kyk na die video Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is?

 3. Waaroor gaan die Bybel?

Die Bybel fokus op die goeie nuus dat God ’n liefdevolle doel vir die mens het. Die Bybel verduidelik hoe die mens vroeg in die geskiedenis lewe op ’n paradysaarde verloor het. Dit verduidelik ook hoe die aarde uiteindelik weer ’n paradys sal word. – Lees Openbaring 21:4, 5.

God se Woord het ook wette, beginsels en raad. Die Bybel gee voorbeelde van hoe God die mens behandel het. Hierdie voorbeelde wys vir ons watter soort persoon God is. Daarom kan die Bybel jou help om God te leer ken. Dit verduidelik hoe jy sy vriend kan word. – Lees Psalm 19:7, 11; Jakobus 2:23; 4:8.

4. Hoe kan jy die Bybel verstaan?

Hierdie brosjure sal jou help om die Bybel te verstaan deur te doen wat Jesus gedoen het. Hy het Bybeltekste aangehaal en verduidelik “wat die Skrif beteken”. – Lees Lukas 24:27, 45.

Min dinge is so wonderlik soos die goeie nuus wat van God kom. Maar sommige mense stel nie daarin belang nie. En dit irriteer selfs party mense. Moenie dat dit jou afsit nie. Jou ewige lewe hang daarvan af dat jy God leer ken. – Lees Johannes 17:3.

 

^ par. 3 Sien die brosjure ’n Boek vir alle mense.