Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 GEORGIË

Ware Christelike liefde faal nooit nie

Ware Christelike liefde faal nooit nie

Igor: Ons albei was deel van ’n groep Getuies wat in die dorp Tkvarcheli, Abchasië, was. Omdat die gemeente waarmee ons groep geassosieer het meer as 85 kilometer daarvandaan in die stad Jvari is, het ek een keer per maand soontoe gegaan om Bybellektuur vir ons afgeleë groep te gaan haal. In 1992, kort ná die val van die Sowjetunie, het die selfregerende streek Abchasië probeer om weg te breek. ’n Oorlog het uitgebreek tussen die mense in hierdie streek wat onafhanklikheid wou hê en die Georgiese weermag, en dit het baie swaarkry veroorsaak.

Gizo Narmania en Igor Otsjigawa

Hierdie twee broers het saam gewerk om hulle medegelowiges gedurende die oorlog in Abchasië te help.

Gizo: Ek is gedoop net ’n jaar voordat die oorlog begin het, toe ek 21 jaar oud was. Toe die oorlog uitgebreek het, was die broers baie bang en onseker oor hoe om velddiens te doen. Maar Igor, wat altyd ’n goeie herder was, het ons aangemoedig en gesê: “Mense het nou veral vertroosting nodig. Ons gaan net geestelik sterk bly as ons aanhou om velddiens te doen.” Hoewel  ons versigtig was, het ons aangehou om elke dag die vertroostende boodskap uit God se Woord aan ons bure te verkondig.

Igor: As gevolg van die oorlog kon ons nie die gewone roete neem om lektuur in Jvari te gaan haal nie. Omdat ek in die streek grootgeword het, het ek geweet watter roete om deur die teeplantasies en berge te neem sodat ek veilig kon reis. Maar daar was nog steeds die gevaar dat ek teenoor ’n groep gewapende mans te staan kon kom of op ’n landmyn kon trap. Ek wou nie my broers se lewe in gevaar stel nie, en daarom het ek een keer per maand alleen gegaan. Met Jehovah se hulp het ek dit altyd reggekry om geestelike voedsel op die regte tyd te kry, en dit het ons gehelp om geestelik sterk te bly.

Hoewel daar geen gevegte in Tkvarcheli was nie, kon daar kort voor lank geen voorrade by ons dorp uitkom nie. As gevolg hiervan het ons ook gedurende hierdie oorlogstyd swaargekry. Toe dit amper winter was, was daar min kos oor en ons was almal bekommerd of ons dit sou maak. Hoe bly was ons tog toe ons hoor dat ons broers in Jvari reël om noodleniging aan ons te voorsien!

Gizo: Eendag het Igor my gesin gevra of die kosvoorrade wat deur ons broers voorsien is, by ons huis gestoor kan word en daarvandaan versprei kan word. Hy was van plan om voorrade in Jvari te gaan haal. Ons was bekommerd oor sy veiligheid, want ons het geweet dat hy deur ’n hele paar kontrolepunte moet gaan en dalk gewapende mans en diewe sou teëkom.—Joh. 15:13.

Ons was baie bly toe Igor ’n paar dae later veilig teruggekom het met ’n kar vol kos. Daar was genoeg kos om ons deur die wintermaande te dra! In daardie moeilike tye het ons persoonlik gesien dat ware Christelike liefde nooit faal nie.—1 Kor. 13:8.