Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 GEORGIË

Die liefde strek oor mensgemaakte grense

Die liefde strek oor mensgemaakte grense

LANK voordat Sanel gebore is, het die dokters vir haar ouers gesê dat sy ernstige gesondheidsprobleme sou hê as sy haar geboorte oorleef. Sy moes al op die eerste dag van haar lewe ’n operasie kry. Haar ouers woon in Abchasië, ’n streek wat hulleself onafhanklik van Georgië verklaar het. Hulle kon nie ’n dokter kry om op Sanel te opereer sonder om bloed te gebruik nie.

Haar ouers het die plaaslike Hospitaalskakelkomitee (HLC) * gekontak. Hulle was baie verlig toe die broers op die HLC ’n dokter in Tbilisi, die hoofstad van Georgië, gekry het wat bereid was om te help. Maar Sanel se ma het nog nie heeltemal herstel van die geboorte nie en kon nie reis nie. Hulle het toe besluit dat Sanel se oumas, albei Getuies, die babadogtertjie na die hospitaal in Tbilisi sou neem.

Die moeilike operasie was suksesvol. Kort daarna het die oumas geskryf: “Ons het meer as 20 dae lank in die hospitaal gebly. Gedurende hierdie tyd het baie Georgiese broers en susters ons besoek en hulle hulp aangebied. Baie het hulle simpatie uitgespreek. Ons het gelees oor die liefde wat deur ons broers getoon word, maar nou het ons dit self ondervind.”

^ par. 4 In Georgië het ouer manne wat op Hospitaalskakelkomitees dien, meer as 250 dokters gekontak wat bereid is om bloedlose behandeling te gee.