Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Bo-Swaneti

GEORGIË

’n Oorsig van Georgië

’n Oorsig van Georgië

Wanneer druiwe geoes word, is dit ’n vreugdevolle tyd

Land Georgië is bekend vir sy majestueuse bergreekse en sneeubedekte pieke. Party pieke is meer as 4 500 meter hoog. Die land is in twee hoofdele verdeel, naamlik Oos- en Wes-Georgië. Elke deel bestaan uit verskeie streke met hulle eie klimaat, gebruike, musiek, danse en kos.

Bevolking Die meeste van die 3,7 miljoen inwoners is in Georgië gebore.

Godsdiens Die meeste van die bevolking sê dat hulle Ortodokse Christene is. Omtrent 10 persent is Moslem.

Taal Georgies is nie verwant aan enige van die tale van die naburige lande nie. Geskiedkundige bronne toon dat die unieke Georgiese alfabet voor ons huidige jaartelling ontwikkel is.

Bestaansmiddele Baie mense maak ’n bestaan uit boerdery. In onlangse jare het toerisme grootliks bygedra tot die Georgiese ekonomie.

Klimaat Die oostelike deel van die land het ’n matige klimaat. Die kus van die Swartsee, in Wes-Georgië, het ’n subtropiese klimaat, en daarom groei daar baie sitrusvrugte.

Druiwe word in die Kacheti-streek geoes

Voedsel Georgiërs eet brood saam met elke maaltyd. Tradisionele brood word in klei-oonde gebak. ’n Tipiese hoofgereg bestaan uit ’n dik bredie met speserye en vars kruie. Die maak van wyn het ’n lang geskiedenis. Wyn word gewoonlik gegis en in groot klei-houers gestoor. Baie families plant hulle eie druiwe en maak hulle eie wyn. Georgië het sowat 500 verskillende soorte druiwe.

Tradisionele brood word gemaak