Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 SIERRA LEONE EN GUINEE

’n Oorsig van Sierra Leone en Guinee

’n Oorsig van Sierra Leone en Guinee

Land Albei lande bestaan uit kusmoerasse, grasvlaktes, bewerkte hooglande en majestueuse binnelandse berge. Drie van Wes-Afrika se grootste riviere—die Gambië, die Niger en die Senegal—het hulle oorsprong in Guinee.

Bevolking Die Mende en die Temne is die grootste van Sierra Leone se 18 inheemse stamme. Die Krio—nakomelinge van bevryde Afrikaslawe—woon hoofsaaklik in die omgewing van Freetown. Guinee het meer as 30 etniese groepe, waarvan die Foelani, die Mandingo en die Susu die grootse is. *

 Godsdiens Omtrent 60 persent van Sierra Leoners is Moslem; die grootste deel van die res beweer dat hulle Christene is. Byna 90 persent van die mense in Guinee is Moslem. Die meeste mense in albei lande beoefen ook tradisionele Afrikagodsdienste.

Taal Elke etniese groep het sy eie taal. Die verkeerstaal van Sierra Leone is Krio—’n mengsel van Engels en Europese en Afrikatale. Guinee se amptelike taal is Frans. Sowat 60 persent van die mense in albei lande is ongeletterd.

Bestaansmiddele Die meeste mense is bestaansboere. Byna die helfte van Sierra Leone se uitvoerinkomste kom van spoeldiamante. Guinee het een van die wêreld se grootste bauxietreserwes.

Voedsel ’n Gewilde uitdrukking is: “As ek nog nie rys gehad het nie, het ek nog nie vandag geëet nie!” Fufu, gekookte kassawe wat tot ’n taai deeg gestamp word, word dikwels saam met vleis, okra en ’n suursous geëet.

Klimaat Warm en bedompig langs die kus. Koeler in die hooglande. Gedurende die droë seisoen waai die harmattan, ’n skroeiende Saharawind, dae lank, wat die temperatuur laat daal en die gebied met stof bedek.

^ par. 4 Party stamme het etlike name.

 

SIERRA LEONE

GUINEE

LAND (vierkante kilometer)

71 740

245 857

BEVOLKING

6 092 000

11 745 000

VERKONDIGERS IN 2013

2 039

748

VERHOUDING: 1 VERKONDIGER TOT

2 988

15 702

GEDENKMAAL- BYWONING IN 2013

8 297

3 609