Spring na inhoud

Jehovah se Getuies

Kies taal Afrikaans

JW LIBRARY SIGN LANGUAGE

Kenmerke van JW Library Sign Language

Kenmerke van JW Library Sign Language

JW Library Sign Language is ’n amptelike toepassing van Jehovah se Getuies. Dit maak dit moontlik om gebaretaalvideo’s van jw.org af te laai, te organiseer en te speel.

Kyk na video’s van die Bybel en ander publikasies in gebaretaal. Laai dit op jou draagbare toestel af en kyk daarna wanneer jy nie toegang tot die Internet het nie. Geniet die kleurvolle prente, maklike navigasie en gebruikersvriendelike funksies.

 

 

Maklike navigasie

Die Bybel-blad laat jou toe om te kyk na die afsonderlike boeke van die Nuwe Wêreld-vertaling wat reeds vrygestel is. Jy kan ook kyk na afsonderlike verse wat nog nie as deel van die Nuwe Wêreld-vertaling vrygestel is nie, maar wat al in ander gebaretaalpublikasies verskyn het. Die Biblioteek-blad bevat ander publikasies en video’s wat op jw.org beskikbaar is.

 

Slaan teksverwysings vinnig na

Terwyl jy na ’n videopublikasie kyk, kan jy op die Bybel-knoppie tik. Die video pouseer terwyl jy die teksverwysing vind en daarna kyk. Gaan terug na die Biblioteek-blad om die oorspronklike video verder te speel.

Laai video’s maklik af

Die video’s wat jy nie afgelaai het nie, verskyn in dowwe kleure. Tik op ’n video om dit van jw.org te begin aflaai. Tik op die Download All-knoppie om al die video’s op die blad af te laai. Tik op ’n video en hou jou vinger ’n rukkie daarop om dit van jou toestel te verwyder.

 

Beheer ruimte

Jy kan kies of jy groter (hoër gehalte) of kleiner (laer gehalte) video’s wil aflaai. As jou toestel ’n gleuf vir ’n SD-kaart het, kan jy kies of jy video’s op jou toestel of die SD-kaart wil aflaai.

 

Gebruikersvriendelike videospeler

Wanneer jy ’n video speel, kan jy hierdie maklike funksies gebruik:

  • Dubbeltik: Speel of pouseer die video.

  • Vee links: Spring na die volgende merker.

  • Vee regs: Spring na die vorige merker.

  • Vee opwaarts: Speel die video vinniger. (Hierdie funksie is nie op Android beskikbaar nie.)

  • Vee afwaarts: Speel die video stadiger. (Hierdie funksie is nie op Android beskikbaar nie.)

  • Tik een keer: Vertoon of versteek die videospeler se kontroles.

Ondersteuning

As jy ’n vraag oor JW Library Sign Language het, vra iemand wat bekend is met die app om jou te help. As dit nie ’n moontlik is nie, kontak gerus ons naaste takkantoor.